Share

Onderskei tussen soorte evolusie

Moet evolusie in skole aangebied word of nie?

Dr. Albert Alberts het in Weekliks van 30 Augustus sterk standpunt daarvoor ingeneem en alternatiewe beskouings afgemaak as aapstreke. Hy skryf ook dat in Amerika evolusie-onderrig in skole vroeër verbied was, maar met wetgewing in 1958 is gepoog om wetenskap-onderrig drasties te verbeter en tegelyk moes evolusie weer aangebied word.

Dit is interessant om nou te kyk wat in Amerikaanse skole gebeur het. Die sekretaris van onderwys (openbare skole) in Amerika het in 1989 verklaar: “... Een uit elke vier hoërskool-leerders verlaat die skool voor die finale eksamen — bykans ’n miljoen. Nóg ’n kwart — ook ’n miljoen — wat wel sommige grade op hoërskool voltooi het, is funksioneel ongeletterd.”

Die helfte van die 18-jariges in die VSA het dus nie geslaag om basiese taal-, wiskunde- en analitiese vaardighede te bemeester nie. Die hoofoorsaak was waarskynlik dit wat aangebied is, maar veral ook die onderrigmetodes van John Dewey, die evolusionis.

Vir die twispunt oor evolusie in skole hier by ons is dit nodig om eers te sê wat evolusie is.

Eerstens: Makro-evolusie, of kortweg evolusie, gaan van die aanname uit dat verandering vanaf laer lewensordes na hoër ordes kan plaasvind. Mense is maar net die produk van ewekansige mutasies plus natuurlike seleksie.

Tweedens: Daar kan natuurlik veranderings (verbetering of agteruitgang) binne soorte plaasvind as gevolg van natuurlike seleksie en/of mutasies.

Daar behoort geen probleem te wees met die aanbied van laasgenoemde nie, want alle individue binne ’n soort het dieselfde soort databank van biologiese inligting. Baie mense glo egter nie dat evolusie (die eerste soort) waar is nie.

Hulle vrees die invloed van sulke leermateriaal op hul kinders. As dit aangebied word asof dit wetenskaplike waarheid is, sal dit groot oorredingskrag hê en kan veroorsaak dat kinders wegdryf van hul geloof en ankers (in God).

Verder neig dié evolusie om morele waardes af te takel en die waardigheid van menselewens te minag. In die vorige eeu het evolusie-gelowige kommuniste bykans 100 miljoen weerlose mense vermoor.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 498 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 523 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE