Share

Optrede in Lesotho het lewens gespaar

Die artikel oor Eugene de Kock in Weekliks van 13 Julie (“Waarom Prime Evil moet uitkom”) deur Jacques Pauw het betrekking.

Tipies van Pauw, Max du Preez, Piet Croucamp en hul geesgenote verswyg of verdraai hulle feite of maak gebruik van propaganda, persepsies of growwe veralgemenings. Hierdie berig is ’n sprekende voorbeeld daarvan.

Genl. (Johan) Le Roux was ’n luitenant-kolonel en afdelingsbevelvoerder van die Veiligheidstak in Krugersdorp toe die Japie Maponya-voorval in 1985 plaasgevind het, nie ’n generaal nie.

Die voorval in Lesotho het op 19 Desember 1985 plaasgevind toe De Kock en ander Vlakplaas-lede ses lede van Umkhonto we Sizwe doodgeskiet het, asook die twee vroue in hul geselskap.

Volgens getuienis tydens die amnestieverhoor was dié MK-lede op die punt om die republiek binne te sypel om dood en verwoesting te saai.
Medaljes vir dapperheid is gedurende 1986 op aanbeveling van die kommissaris, genl. Johann Coetzee, deur die minister van wet en orde, Louis le Grange, ná oorleg met staatspresident P.W. Botha aan De Kock en ander lede van die Vlakplaas-eenheid toegeken.

Hulle het ook amnestie vir die dood van die MK-lede gekry. Ek het eers op 1 Januarie 1990 kommissaris geword.

De Kock is nooit vir die Lesotho-voorval vervolg nie. Talle lewens is danksy dié optrede gespaar. Daar is geen medaljes aan De Kock toegeken ten opsigte van enige voorval waarvoor hy tot gevangenisstraf gevonnis is nie.

In al die gevalle waar hy wel met medaljes vereer is, was die optrede suiwer op die bestryding van terreur en geweld gerig. Daar is geen feite beskikbaar dat De Kock in opdrag van ’n meerdere opgetree het in die gevalle waar hy tot gevangenisstraf gevonnis is nie.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 402 votes
No! It's time to move on ...
35% - 219 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
920.20
+0.9%
Palladium
985.50
-1.9%
Gold
2,332.89
+0.7%
Silver
27.34
+0.6%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE