Share

Palestyne glad nie so onskuldig in konflik

Die Weekliks-artikel “Vergáder vir vrede? Ondenkbaar” van Shabtai Gold verlede Sondag het betrekking.

Rapport maak hom skuldig aan eensydige joernalistiek. Die Palestyne word grafies uitgebeeld as die slagoffers van ’n bose Israel, sonder die nodige konteks.

Die volgende feite word geensins in ag geneem nie:

1. Israel het in 2005 aan Gaza onttrek waarna Hamas, ’n radikale Islamitiese organisasie, beheer oorgeneem het nadat Fatah, die meer gematigde Palestynse organisasie, verdryf is;

2. Hamas se handves erken Israel nie as ’n staat nie en beywer hom vir sy vernietiging. Dis hoekom Hamas vuurpyle op Israel afvuur, hoewel Israel ten volle aan Gaza onttrek het;

3. Honderde ondergrondse tonnels deurkruis Gaza om onder meer wapens in te smokkel en om Israel binne te sypel vir terreurdade. Daar is selfs ondergrondse militêre beheersentrums.

Gold sê in sy artikel daar is nie ’n enkele bomskuiling in Gaza nie;

4. Wapens word geberg en missiel-lanseerplatforms word naby skole, hospitale en ander openbare geboue geplaas;

5. Die Israeli-weermag versprei pamflette om burgerlikes te waarsku om pad te gee vóór ’n aanval. Vergelyk dit met die vuurpyle wat sonder waarskuwing op Israel afgevuur word; en

6. Die huidige vredesamesprekings het skipbreuk gely toe Fatah besluit het om ’n koalisie met Hamas te sluit, wel wetende dat Hamas Israel nooit sal erken nie. Die gevolg van die koalisie was die ontvoering van en moord op drie Israeli-jeugdiges.

Daar is nog talle voorbeelde. Die feit wat deur die media geïgnoreer word is dat Hamas die konflik begin het deur die voortdurende afvuur van vuurpyle op Israel, ’n soewereine staat.

Sal enige ander land dit duld?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 397 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 559 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE