Share

‘Pitbull’ het Pistorius se regte geskend

’n Gautengse Afrikaanse dagblad het dit goed geag om die “pynkreet” van Oscar se tannie Lois Pistorius op die voorblad te dra. Dit het gelei tot kras aanvalle op haar en die familie.

Mense vergeet dat dié fyn dame aanskou het hoe Oscar onmenslik verniel is deur die “Pitbull” (Gerrie Nel). Dié koerant het ook verwys na Oscar in die kake van die “Pitbull” met gepaardgaande spotprente.

’n Kanadese regsfirma het pas Lois se vraag aan Nel in perspektief geplaas deur die saak te beskryf as “onbillik en gekenmerk deur wangedrag deur die aanklaer”. Hulle voeg by dat skynbaar sterk skuldigbevindings in Kanada al tersyde gestel is oor baie minder “beledigende ondervraging” as dié van Nel.

Dié regsopinie is van belang omdat Suid-Afrika, soos Kanada, ’n grondwetlike staat is waar menseregte, ook ’n beskuldigde s’n, beskerm moet word.

En ons Grondwet is op Kanada s’n geskoei.

Ons mense is met reg kwaad vir die vlak van misdaad in ons land, maar dis tragies dat een individu en sy familie nou die weerligafleier word in ’n skou-saak wat ver verwyder is van die werklikheid in ons howe.

Niemand ontken dat dit ’n groot tragedie is nie: ’n Belowende jong lewe is beëindig en Oscar se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Maar ’n beskuldigde bly ’n mens met regte en verdien menswaardige behandeling.

Dis tragies dat buitelanders, soos dié Kanadese regsfirma en ander, die growwe tekortkominge in die aanbieding van die staat se saak ontbloot, terwyl baie van ons eie mense hul oë sluit – of erger nog, luid applous lewer.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
100% - 1 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
0% - 0 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE