Share

Private universiteit dalk ’n oplossing

Die Konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch (US), insluitende die sterk ondersteuning van suksesvolle oud-studente oorsee, het sedert 2006 met groot meerderhede gestem dat Afrikaans voorgraads die dominante taal van onderrig moet wees, maar is deur die raad ge­ignoreer.

Mooi beloftes is wel gemaak, maar nooit uitgevoer nie.

En tog sê dr. George Steyn, die huidige voorsitter van die universiteitsraad, in Rapport van 10 Augustus: “Die bestuur en raad sal dwaas wees om nie hul (die konvokasie se) sentimente te oorweeg op pad vorentoe nie.”

Wat hy sê, klop nie.

Selfs transformasie is nie ’n probleem nie as dit net nie gebruik word om die Afrikaanse universiteite te verengels nie.

Stellenbosch sou nooit as ’n afsonderlike inrigting bestaan het nie, was dit nie vir mnr. Jan Marais nie wat baie duidelik sy pro-Nederlandse voorwaardes gestel het om te keer dat dit ’n Engelse inrigting word.

In die geskiedenis van die US het die owerhede daardie voorwaardes verdoesel.

Miskien is die enigste oplossing om ’n private Afrikaanse universiteit op die been te bring. Die meeste van die voorste universiteite in die VSA is privaat.

Al die gelde van die Afrikaanssprekende donateurs aan die US kan dan saam met die donateurs van die ander “Afrikaanse” universiteite onttrek word ten gunste van Solidariteit wat al ver met die beplanning daarvan gevorder het.

Die dosente is ook van topgehalte.

Transformasie kan steeds plaasvind, maar sonder verengelsing.

Daar is tog oorgenoeg bruin en swart mense met Afrikaans as hul eerste taal.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
40% - 232 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
60% - 346 votes
Vote
Rand - Dollar
18.97
-0.4%
Rand - Pound
23.97
-0.3%
Rand - Euro
20.52
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.4%
Platinum
900.15
+0.4%
Palladium
1,000.00
-0.2%
Gold
2,213.87
+0.9%
Silver
24.75
+0.4%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,237
+0.8%
All Share
74,414
+0.7%
Resource 10
57,122
+2.6%
Industrial 25
103,714
+0.4%
Financial 15
16,494
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE