Julle oorskry nou die perke van welvoeglikheid. Die Steenkamp-familie is al meer as twee jaar oorlede en kan hulle nie self verdedig nie. Maar julle vind dit goed om hul intieme persoonlike dinge in die openbaar uit te stal.
Hoekom is dit nodig vir koerante en sommige tydskrifte om ander se sake en vuil wasgoed aan die groot klok te hang?
Ek wonder net waar is julle respek vir ander. Waar is die omgee en naasteliefde? Ek wonder of julle bereid is om julle eie vuil wasgoed so in Rapport bekend te maak? Ek glo nie. Maar ter wille van Rapport se omset en winste is julle bereid om ander te benadeel.
Moet nou nie met die verskoning kom dat julle dit aan julle lesers verskuldig is nie.
Ek is klaar met Rapport.