Ek kan regtig nie verstaan waaroor die herrie rondom die swart gesmeerde gesigte van studente gaan nie.
Eerstens is dit studentepret van jong mense wat nog nie kan verstaan dat jy, as wit persoon, hiperbewus en oorsensitief moet wees van jou witheid en moontlike belediging vir swart mense nie. Vergeef die jong mense.
Ek is mal oor shweshwe-rompe en is selfs al in die buiteland voorgekeer met ’n “how lovely you look, you make me long for my roots”. Ek is nie uitgekryt met “jou rassis hoe durf jy materiaal dra wat tradisioneel deur swart mense gedra word nie”.
Ons, wit mense lê in die son om bruin te brand. Ons het ons hare ge-afro terwyl swart mense hul velle bleik en pruike met steil hare dra! Wat is die verskil? Rassisme het niks met jou uiterlike te doen nie, maar met jou hart!