Share

Sonder God geen rehabilitasie

Die interessante (amper wil ek sê “amusante”) blog van Abel Pienaar in Rapport oor “moraliteit” en “keuses” het betrekking. (lees hier.)

As ons die sogenaamde geëmansipeerde mens se moraliteit – en sy vermoëns om die regte keuses op die grootpad van die lewe te maak – onder die soeklig plaas, het ons slegs by die punt van die ysberg van die debat oor menslike moraliteit uitgekom.

Alhoewel daar ‘n mooi verhaal hier en daar kan wees, soos Abel dit graag wil beredeneer sonder die insette van die Kerk (want hy is blykbaar moreel baie goed aangepas daarsonder), bring dit ons uiteindelik ook ongelukkig by die talle verhale van mislukking soos bv. In die verhaal van die verlore seun in die Bybel.

Dit was my persoonlike voorreg en ek hou daarvan om uit ondervinding te praat om met talle van Suid-Afrika se bekendste misdadigers en jeugmisdadigers in 9 verskillende gevangenisse te werk.

Interessant dat ek baie selde indien ooit met een van hulle gewerk het in 27 jaar, (moordenaars, verkragters, bankrowers, kapers, pedofiele, ens.) wat ooit in die gevangenis beland het “deur hulle eie moraliteit”. Familielede, wetsgeleerdes, regters, en in een klassieke geval moes die “skape wat geryloop het” die skuld kry.

Van ware berou was daar baie min of selde sprake. Dit is net altyd interessant dat wanneer dit by vonnisoplegging kom hoe graag die howe begin praat oor Bybelse begrippe soos “ware berou”.

‘n Regter het my eenkeer gevra of ek weet hoe berouvol die beskuldigde was.

Wanneer ‘n mens deur sy eie bedorwe moraliteit daar beland en deur die verkeerde keuse wat daarmee saamgaan, dán moet die Bybel geld.

Ek nooi vir Abel vriendelik om saam met my ‘n paar van hierdie gevalle met mooi moraliteitspraatjies te kom “rehabiliteer”. Dan kan die hof daarna ‘n toets maak.

Baie van hulle is op duur rehabilitasieprogramme geplaas wat hulle moraliteit moes opbou en versterk. Dit het nie gewerk nie.

Ek het eenkeer vir wyle generaal Ollewagen by Pretoria Sentraal gevra vir ‘n kapel waar ons die Evangelie kon verkondig, terwyl ander betrokkenes besig was om “die nuutste rehabilitasieprogram van R17 miljoen rand” in werking te stel. Ná die verloop van ‘n jaar het hy vir my gesê: “Jou program werk baie beter en is baie goedkoper”.

My program se naam? Die boek Spreuke in die Bybel. (Dit werk soos ‘n bom!). Laat ek onmiddellik vir u sê rehabilitasie is ‘n humanistiese klug. Ek persoonlik glo in regenerasie (beter bekend as wedergeboorte in die Bybel).

Abel is verder nie die enigste persoon waarvan ek weet wat ooit met die kerk 'n probleem gehad het, of ooit sal hê nie. Laat ons reguit vir mekaar sê die kerk se probleem spruit uit die bedorwe moraliteit van die menslike natuur. Maar baiekeer het ons nie nodig om die kerk te verlaat nie, maar om ons ou lelike gesindhede te verander. Ons kort nie noodwendig nuwe predikante nie, maar dikwels predikante en lidmate met nuwe harte en gesindhede.

Abel speel gemaklik met die geskiedenis en haal persone soos Nietzsche aan, wat sy goeie reg is. Ek kan vir u groot name noem wat ontnugter op hulle sterfbeddens vir genade geroep het in weerwil van hulle wonderlike moraliteitskeuses.

Een van hulle was die beroemde kindersielkundige Benjamin Spock wat op sy sterfbed uitgeroep het: "Oh my God, I have contributed to the raising of a whole generation of juvenile delinquents". Wat van Greta Garbo (die pragtige goed gemanierde gemoraliseerde, kerk-losgemaakte vrou wat 37 keer getroud was en op 83 jarige ouderdom in 'n gestig in Hollywood afgeneem is in ‘n haglike vervalle toestand terwyl sy roep: "Wasted years, oh, how foolish."

Ek kan u vertel van mense in ons eie tyd met wie ek persoonlike onderhoude gevoer het (een was ‘n gebore godvergeter wat slegs Hitler se Mein Kampf en Das Kapital gelees het.

Hy was deel van die Luftwaffe wat ‘n groot aanval moes loods op die Geallieerdes in Europa totdat hy by een van die hekwagte ‘n Bybel present gekry het. Die res is nie net geskiedenis nie, maar ‘n paar verhewe lesse in moraliteit en die regte keuses wat sy lewe radikaal verander het.

Wat van prof. Wimit met wie ek in Bangkok persoonlik ‘n onderhoud gevoer het? Wat van Josh McDowell? Het Abel al bietjie moeite gemaak om te hoor wat hulle sê as ons dan buite Bybelse en kerklike persoonlikhede moet aanhaal?

Nietzsche staan in hulle skaduwee volgens my subjektiewe mening. As die Bybel waar is (en hy is tien miljoen maal tien miljoen keer waar) dan is daar nie ‘n groter bewys dat dit waar is as in die lewens van miljoene mense in die optog deur die eeue nie.

Ek wil byvoeg dit is waarom my Christenhart binne-in die kerk so warm klop wanneer ek met eerlike twyfelaars en ateïste te doen kry aangesien hulle sulke goeie bekeringsmateriaal uitmaak. Job 21:29: "Doen tog navraag by die reisigers langs die pad, hulle bewyse kan julle nie wegredeneer nie"

Toevallig is die “goeie eienskappe” in ‘n mens en dit wat Abel skryf oor “goeie keuses” glad nie in stryd met dit wat die Bybel as ons “gewete” beskryf nie.

Selfs die bedorwe Saulus het later, nadat hy Paulus geword het, voor Koning Agrippa getuig  (Handelinge 24) dat hy ‘n rein gewete voor God en die mens bekom het. Die feit is dat die Bybel aan ‘n mens se moraliteit werk volgens 1 Thess.2:13.

Toe iemand vir wyle Dr.Willie Marais sê hy gaan nie kerk toe nie aangesien daar te veel huigelaars in die Kerk is, was sy antwoord: “Ek sit liewer saam met hulle in die kerk as in die kroeg, want in die kerk is daar hoop dat hulle kan verander."

Jannie en sy pa het gaan aartappels steel. Sy pa het die steelwerk gedoen terwyl Jannie moes waghou wag. Op ‘n kritieke oomblik het Jannie sy pa geroep en geskreeu: "Pappa, ons het noord, suid, oos en wes gekyk, maar ons het vergeet om op te kyk. Liewe Jesus sien alles wat ons doen Pappa".

‘n Amerikaanse senator het opgestaan en die Kongres toegespreek: “What America wants is freedom of religion, and then follows freedom from religion, and if possible, no religion at all."

Hoekom? As daar ‘n God is – en Hy is – kan sonde nooit lekker wees nie. As die son vannag skielik oor Suid-Afrika om middernag moet opkom is ek oortuig dat baie sogenaamde “moraliteitsbewuste” mense ‘n helse probleem gaan hê, moraliteit of nie moraliteit nie.

    

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 377 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 792 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
+0.2%
Rand - Pound
23.80
+0.1%
Rand - Euro
20.41
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.0%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
942.50
-0.8%
Palladium
1,024.50
-0.5%
Gold
2,387.26
+0.3%
Silver
28.49
+0.9%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,162
-0.0%
All Share
73,204
-0.1%
Resource 10
63,141
-0.3%
Industrial 25
98,541
+0.1%
Financial 15
15,456
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE