Die oplossing is die volgende:
Waarom geelkaarte en rooikaarte uitdeel wat die span straf en nie die speler nie? Vervang die skuldiges met ander spelers. Die “geelkaart-speler” kan ná 10 minute weer die speler in sy plek vervang, maar dié wat rooikaarte kry, kan nie verder speel nie. Die speler wat hom vervang het, bly op die veld.
Waarom word “rooikaart-spelers” nie met inkomste beboet of vir een of twee wedstryde geskors nie? Dan word hy gestraf, nie die span nie.
Geen span kan met 14 of 13 spelers speel nie.