Share

GEITE EN GIERE: Die ander sosiale netwerke

Deesdae is almal, van jou ouma tot jou gunsteling-rugbyster, net ’n klik ver: Die hele wêreld vind ’n tuiste op Facebook en Twitter. Maar daar is ook honderde minderbekende sosiale netwerke waar mense bymekaarkom wat spesifieke belangstellings deel.

Een van die groot voordele van sosiale netwerke is die feit dat dit mense van reg oor die wêreld met mekaar verbind. Dit maak nie saak wat jou leefstyl of belangstellings is nie, êrens op die Web is daar ’n netwerk mense wat jou entoesiasme deel en regsit om jou in hulle virtuele midde te verwelkom.

Daar is netwerke vir ma’s, troeteldier-eienaars en musiekfanatici. Ook sportmalles, smulpape en boekwurms sal aanlyn êrens vind waar hulle tuis voel.
Sosiale netwerke is die leeskringe, versamelaarsklubs en kunsgroepe van die toekoms.

LINKEDIN PRAAT BESIGHEID
Sosiale netwerke is lankal nie meer net speelplekke nie. LinkedIn, die derde grootste sosiale netwerk ter wêreld, is ’n platform waar sakelui met mekaar skakel.
Liza Gresse van Durban is die eienaar van Ubuhle HR, ’n maatskappy wat menslike hulpbronne help ontwikkel. Liza het twee jaar gelede ’n profiel op LinkedIn geskep om sakekontakte op te bou en haar onderneming se handelsmerk te bemark.
Dit is baie nuttig as iemand haar naam of haar onderneming Google, maar verder vind sy die netwerk stagnant.
“Soos enigiets in die lewe sou dit dalk vir my meer waarde toegevoeg het as ek dit meer besoek en tyd daaraan afgestaan het.” Vir haar is sosiale netwerke goed vir bewusmaking, maar sy doen haar besigheid op die outydse manier. “Die waarde van direkte kommuni¬kasie van aangesig tot aangesig is steeds vir my die beste.”

Lookbook:

Kyk hoe lyk ons nou
Nadja Seale se storie is ’n sprokie vir die digitale era: Nadat hierdie Witbankse skoonheid en haar destydse kêrel uitmekaar is, het Nadja ’n manier gesoek om haar energie
te kanaliseer.
“Ek het besluit dat kreatiwiteit my redding sou wees.” Die modemal Nadja het ’n profiel op Lookbook oopgemaak waar gebruikers foto’s van hulleself in hul gunsteling-uitrustings oplaai. Nadja se vintage-styl het groot aftrek gekry en binne ’n jaar het sy ’n reuse gevolg gehad. Werk het van oraloor begin instroom: Nadja was al in Vogue Girl Korea en sy is genooi om lid te word van Jimmy Choo se straatmode-gemeenskap. Sy doen aanlyn-bemarking vir maatskappye in China, Engeland, Amerika en Brasilië, en werk as grimeerkunstenaar en stilis.
Nadja laai minstens drie maal per week nuwe modefoto’s op Lookbook, maar sy is geen slaaf van sosiale netwerke nie.
“Lookbook en my blog is sosiale netwerke wat ’n positiewe uitwerking op my as persoon het. Ek is al genooi om by Facebook en Twitter aan te sluit, maar my tyd is beperk.”
Lookbook is egter nie net ’n vertoonvenster vir beroepsmodelle en mense in die modebedryf nie. Nina Hanekom is ’n vierdejaar-onderwysstudent van George wat al vir jare op Lookbook rondkuier. Eers het sy net na die uitrustings gekyk, maar in 2010 het sy begin om self “looks” op te laai.
“Daar is deesdae so baie modegiere en dis wonderlik om te sien hoe verskillende mense van verskillende lande hierdie giere interpreteer. Dit gee my baie idees vir my eie uitrustings en ek weet ook wat in die mode gaan wees in Suid-Afrika voordat dit eintlik is!”

PINTEREST: VASSTEEKPLEK
Volgens die jongste statistieke oor sosiale netwerke is die aanlyn-aansteekbord Pinterest deesdae die derde gewildste netwerk in Amerika. Soos ’n outydse plakboek laat Pinterest jou toe om artikels of foto’s wat vir jou mooi, interessant of inspirerend is op een plek bymekaar te hou.
Anelle Mostert, eienaar van 7 Swans in Kaapstad, is al sedert die werf se toetsfase deel van hierdie gemeenskap. Anelle spesialiseer in die ontwerp van troukaartjies en vind Pinterest veral nuttig om te sien waarvan haar kliënte hou.
“Kliënte stuur vir my hulle trou-moodboards sodat ek ’n volledige prentjie kan kry oor hulle troudag-idees met blomme, trourok en dekor.” Dit help haar om ontwerpe te skep wat perfek by die bruidspaar pas. Sy kry ook algemene ontwerp-inspirasie op Pinterest.
Pinterest het ook vir ’n groot inspuiting in haar besigheid gesorg: Anelle word oorval deur bestellings uit die buiteland. Die verkeer na haar webwerf kom grootliks via Pinterest: Iemand “pin” een van haar ontwerpe, hulle vriendekring sien dit en “repin” dit en binne¬kort het duisende nuwe pare oë haar trou¬kaartjies gesien.

GOODREADS: BROEDERSKAP VAN BOEKE
Goodreads is ’n aanlyn-gemeenskap waar boekwurms bymekaarkom om boekrakke met mekaar te vergelyk, opinies oor boeke uit te ruil en om uit te vind watter nuwe boeke in hulle smaak sal val. Coenraad Walters, ’n onderwyser-bibliotekaris by Somerset College op Somerset-Wes, is al sedert September 2011 ’n lid van hierdie netwerk.
“Ek geniet dit om te sien wat my vriende lees, of hulle beoordeling van boeke met myne ooreenstem en om baie insigte en opinies van die virtuele gemeenskap te kan lees.”
Coenraad se werklike boekversameling is oor die 4 000 sterk, maar hy het nog nie tyd gehad om al hierdie boeke op Goodreads te laai nie. “Ek sal graag veel meer Afrikaanse boeke op die netwerk wil laai en bespreking daaroor uitlok.” Maar hy besef ook dat dit dalk tyd in beslag neem wat ’n mens eerder aan beter dinge - soos lees! - sou kon afstaan.  

Kitsfeite
* Van die 1,36 miljoen mense wat Pinterest elke dag besoek, is 68% vroulik.
* Die gewildste gebruiker op LookBook is Flávia Desgranges van der Linden van Brasilië.
* Goodreads se 8,6 miljoen gebruikers het sedert 2007 al 300 miljoen boeke op hulle profiele gelaai.
* In die Verenigde State gebruik 85% van maatskappye sosiale media vir personeelwerwing – 95% van hierdie maatskappye gebruik LinkedIn.


Waarom Facebook bo bly
As Facebook ’n land was, sou dit die derde grootste een op aarde wees: Net China en Indië het meer “inwoners” as die wêreld se grootste sosiale netwerk. Ivan Sharpe, ’n sosialemedia-strateeg by OwenKessel in Johannesburg, meen Facebook is nog lank nie ou nuus nie.
“Om nie ’n Facebook-profiel te hê nie is soos om in die 90’s sonder ’n TV te wees. Face¬book gaan ’n steeds groter rol in ons lewens speel.” Hy meen Facebook gaan binnekort net so algemeen (en net so onmisbaar!) soos selfone en posbusse wees, met vernuwende tegnologie soos die OpenGraph-platform wat alledaagse aktiwiteite deur middel van Facebook-apps nóg meer sosiaal maak.

Probeer ook hierdie netwerke:

ALGEMEEN Google+
MUSIEK MySpace, SoundCloud
KUNS / ONTWERP DeviantArt, BeHance
REIS Tripatini, Couch Surfing
KOS BakeSpace, FoodPals



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 340 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 474 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.94
-0.2%
Rand - Euro
20.46
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
911.00
+1.6%
Palladium
1,008.15
+0.6%
Gold
2,222.33
+1.3%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE