Share

Kinderkarnaval

Wat is nou vroliker as ’n kinderpartytjie? Vir die sewende episode van Makietie het Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert ’n prettige partytjie in die styl van ’n karnaval aangebied.

RESEPTE
“Sagte vanieljekoek met helder versiersels, die soet reuk van toffieappels, rooi en groen verjaar­dagkoeldrank wat jou klere vlek – daar’s min dinge wat so vars in
die geheue bly soos die opwin­ding van ’n kinderpartytjie,” ver­tel Mynhardt. “Om dié rede het ons 20­ kinders uit ’n nabye plaasskooltjie genooi vir ’n dag
se bederf: ’n kinderkarnaval, kompleet met sakresies en ‘kaartjies’
vir spookasem en speletjies.”

Die maklikste vanieljekoek

“Dis die maklikste koek ooit. Die beslag kan ook gebruik word om kolwyntjies te bak,” sê Tiaan.

Bereidingstyd
2 ure

Aanwysings
1 Klits 8 eiers en 250 g strooisuiker saam tot baie lig en donsig.  
2 Vou 250 g gesifte koekmeel by. (As jy ’n sjokoladekoek wil bak, vervang 50 g van die meel met ka­kao.)  
3 Skep die beslag in twee ge­smeerde losboom­panne en bak dit vir so 25 minute teen 180 oC tot gaar.  

Nota
Dié resep maak twee koeke. As jy soos Tiaan-hulle vier aparte lae wil stapel, verdubbel die resep.

Versiersel
Aanwysings
1 Room 500 g sagte botter, 500 g gesifte versiersuiker en die saadjies van een vanieljepeul saam tot glad.  
2 Voeg nog 500 g gesifte versiersuiker en 30 ml kookwater bietjies-bietjies by en roer tot glad.  
3 Verdeel die versiersel en kleur
met koskleursel in helder kleure van jou keuse.  
4 Rond die koeke treffend af met patrone gesny uit gekoopte fondant-versiersel, as jy wil.

Gesoute karamel-springmielies

“Dié resep is heerlik en baie koste-doeltreffend. Wees versigtig, dit kan ’n gewoonte word!”

Aanwysings
1 Verhit 2 koppies sagte bruinsuiker en 250 g botter tot kookpunt in ’n swaarboompot oor matige hitte.  
2 Roer 1 blik kondensmelk en 5 ml growwe seesout (of na smaak) by.  
3 Laat liggies kook vir ses tot agt minute tot dit sagtebal-stadium* bereik. Maak seker jy kook dit nie te lank nie!  
4 Gooi die karamel oor ’n groot bak springmielies en roer deur met ’n houtlepel. 
* Wanneer die stroop ’n sagte, klewe­rige bolletjie in koue water vorm, en platgedruk kan word as jy dit uit die water haal. 


 DIE TEMA

Kinderkarnaval! Terwyl Tiaan gesorg het vir vro­like eetgoed, soos toffie­appels, springmie­lies en koek, het Mynhardt kreatief te werk gegaan om ’n mini-karnaval te skep. Ou lakens en materiaal is opgeknip vir stringvlaggies en lint, mandjies en ou strand­balle is omskep in vrolike “lugbalonne” wat in die bome gehang is. Mynhardt het ook ’n “kaartjie­kantoor” en fotohoekie aanmekaargeslaan uit ou deure en groot bokse.

 DIE BEGROTING
Die begroting is R1 000 elk vir die kos en die dekor, maar dan mag Tiaan as koshoof en Mynhardt as dekorhoof onderhandel…

Kos Pizza-horinkies: R150; Toffie­appels: R20; Koek: R350; Spring­mielies: R20; Koeldrank: R20; Suursuiker (sherbet) en ekstras: R200


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 944 votes
No! It's time to move on ...
33% - 463 votes
Vote
Rand - Dollar
18.80
+1.1%
Rand - Pound
23.49
+1.3%
Rand - Euro
20.10
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.8%
Platinum
923.40
-0.2%
Palladium
957.50
-3.3%
Gold
2,336.75
+0.2%
Silver
27.20
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE