Share

kos: 'n Kool vir elke dag

Daar lê die twee halflyf onder die hakea-heining. ’n Mens sien net die kakie-broekies en kaal hakskene. Kort-kort lig ’n hak en dan hoor ek “shloep”. Gedempte uitroepe en giggels. Dan vou die ander een se voet oor sy kuit en... “shloep”. My twee broers lê met hul ketties en skyfskiet na die koolkoppe in die groentetuin langsaan!

Later daardie middag staan die buurman met arms vol koolkoppe en weeklaag: “Ag, my kool! Ag, kyk hoe lyk my koooool”!

Om hom stil te kry, gee my ma hom 10 sjielings en vat al die kool. Sy roep die twee seuns en haal hulle goed oor die kole (verskoon die woordspeling).
“Julle sal al hierdie kool eet, verstaan? ’n Mens mors nie met kos nie, en, en, en.” Toe hoor ons die kastrolle in die kombuis ratel. Ons moes dae aaneen kool eet saam met die rys, vleis, pampoen en aartappels, en daar is ontelbare grappe gemaak oor oom Paul Koolkop van langsaan.

Ma se kool-opera

Gebruik 1 kg gekerfde kool, rooi of groen.
Kap 125 g spek en braai tot mooi bruin in ’n groterige kastrol. Voeg 1 groot gekapte ui by en braai.
Meng 1 eetlepel karwysaad, 12 swart­peperkorrels en 2?ml (goed dan: ’n vet knippie!) koljandersaad saam en stamp fyn met ’n vysel of gooi in ’n meultjie. Skep by spek en uie en roer.
Sit 2 tone knoffel, gekneus, by en prut stadig vir 3 minute.
Voeg 30 ml olie by kool. Roerbraai ’n rukkie sodat alles gemeng is. Sodra die kool begin moeg lyk, voeg jy 5?ml sout en 4 ontpitte en gekapte groen appels by. Jy kan ook ryp pere gebruik.
Hierby kom nou ½ suurlemoen, skil en al, 60 ml druiwe-asyn, 5 eetlepels sagte bruinsuiker en 60 ml rooiwyn (by rooikool) of witwyn (by groenkool).
Bedek en prut vir 30 minute.
Maak oop en skep die suurlemoen uit. Laat onbedek prut totdat die vloeistof ingedamp het en ’n heerlike stroop oorbly.

Ouvrou-onder-die-kombers


Ek het altyd gedink my ma het dié resep uitgedink, totdat ek dit oral ter wêreld raakgeëet het. Sny die blare van ’n groenkool los (soveel blare as wat jy nodig het). Sit in ’n skottel en gooi kookwater oor. Maak frikkadelle van 500 g maalvleis, 3 fyngekapte uie, sout, peper, ’n bietjie Worces­tersous, ½ t kaneel, ’n knypie naeltjies, ’n bietjie gerasperde neut, ’n bietjie gemmer en ½ k broodkrummels.

Rol elke frikkadel in ’n koolblaar toe. Rol liggies in meelblom (of Bisto of tamatiesoppoeier) en pak in oondskottel.

Gooi 2 k aftreksel oor. Kook ’n uur lank en strooi nóg broodkrummels en geras­perde kaas oor. Laat mooi bruin word onder die oondrooster, en voilà!

Kerriekool


Kook 1 kg gekerfde kool in soutwater tot byna sag. Gooi die water af. Meng 1 dessertlepel kerriepoeier, 1 k suiker, 2 k asyn en 2 t sout en gooi oor kool in die kastrol. Kook vir nog sowat ’n uur. Meng 2 dessertlepels mielieblom met ’n bietjie water en voeg by. Roer totdat die sous verdik. Roer 1 eetlepel gouestroop deur. Sit op rys voor. Dit kan ook gebottel of gevries word vir later.

Ambassadeurslaai


Die resep trek al die wêreld deur. ’n Vriendin vertel toe hulle ambassadeurs­paar in Tel Aviv was en hulle die eerste banket bywoon, het haar oog die slaaibak op die tafel getref en sy het dadelik tuis gevoel.

Kerf soveel kool as wat jy benodig. Snipper 2 grasuie oor. Braai ’n handvol fyn amandels en sesamsaad droog in ’n pan tot net bruin. Sprinkel dit oor die kool en meng deur. Meng 1/3 k olie, 1/3 k sojasous en 1/3 k sagte bruinsuiker saam en sprinkel oor net voor opdiening. Proe eers voordat jy nog sout byvoeg. Heerlik!

Soetsuur-koolslaai

Dié slaai is heerlik saam met ’n varktjoppie en ’n bier. Sny ’n koolkop in kwarte en verwyder die stam. Sny stroke van 1 cm.

Meng 30 ml suiker, 45 ml asyn, 30 ml mielieblom en ’n ferm knypie rooi­peper met 1 k water. Hou dit byderhand, met ’n lepel daarin, om later vinnig in te meng.
Verhit 3 eetlepels olie in ’n groot kastrol en begin die kool byvoeg terwyl jy flink roerbraai. Voeg 5 ml sout en ’n koppie water by. Roer ’n rukkie oor hoë hitte. Verwyder van die stoof en roer die asynmengsel in. Plaas terug op die stoof. Hou aan roer tot dit verdik en die sous verhelder.

Mnandi-koolbredie


Dié resep van Hilda Zulu is al vuil gevat in my ou resepteboek. Kook ’n hoender met naeltjies, sout en peper totdat die vleis van die bene loskom. Verwyder die bene. Ek hou daarvan as daar nog groot stukke vleis is, soos die dye en borsies. Hou eenkant.

Braai 2 groot gekerfde uie in olie en voeg ’n bietjie spek en knoffel by. Voeg 2 t borrie en 1 t kerriepoeier by en roer.
Skil 4 tot 6 aartappels en sny in kwarte. Voeg die water waarin die hoender gekook was by en skep die kool in. Kook totdat alles sag is. Roer nou die hoendervleis by en laat prut vir ’n paar minute. Hilda het soms meer water bygevoeg en dan mieliemeel bygeroer en die hele spulletjie laat saam gaar word... so by my kool!

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 490 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 519 votes
Vote
Rand - Dollar
19.11
+0.4%
Rand - Pound
23.80
-0.4%
Rand - Euro
20.46
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.40
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
920.40
-1.1%
Palladium
1,026.50
+1.1%
Gold
2,322.61
-0.2%
Silver
27.34
+0.6%
Brent Crude
87.00
-0.3%
Top 40
68,051
+0.8%
All Share
74,011
+0.6%
Resource 10
59,613
-2.2%
Industrial 25
102,806
+1.7%
Financial 15
15,897
+1.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE