Share

53 jaar sonder drank – toe kom ‘Survivor' ...

David de Wet het in sy 53 jaar nie aan drank geraak nie – totdat hy aan Survivor South Africa: Champions deelgeneem het.

“My pa was ’n alkoholis. Hy het hom doodgedrink. Dit het so ’n groot impak op my gemaak dat ek nooit ’n druppel alkohol gedrink het nie.”

Maar kykers het gesien hoe De Wet saam met ander deelnemers Hunter’s Dry afsluk nadat hulle ’n uitdaging gewen het. Hunter’s Dry is een van die borge.

“Dit was die eerste en laaste keer (dat ek aan drank geraak het). Ek was net so dors, en teen daardie tyd was ek al siek en sat en gatvol vir water.

Toe ek die ysdruppels van die groen bottel af sien drup, het ek nie omgegee of daar alkohol in is of nie. Ek het net gedink: Nou gaan ek suip!”

De Wet sê die vloeistof het skaars aan sy keel geraak, dis sommer reguit maag toe.

“Ek het een en ’n halwe botteltjie gedrink. Die een was vir dors, die halwe was vir lekkerte.”

De Wet sê sy pa, ook David, was ’n dominee in die Metodiste-kerk.

“Eendag het die kerkmense ’n konferensie gehou en my pa het een of twee biere gedrink. Die kerk het hom uitgeskop en hy het toe éérs begin drink.”

De Wet sê hy was in 1982 op pad weermag toe. Toe hy sy pa se hand skud om hom te groet, het sy pa dood neergeval weens ’n hartaanval.

“Eintlik het ek maar sonder ’n pa grootgeword; drank het my pa gesteel.”

In sy st. 8-jaar moes sy pa ’n operasie ondergaan – “alkohol het sy maag weggevreet”.

“Hy is drie keer dood op die operasietafel, ek het drie keer gesien hoe die hartmonitor flat line. Maar elke keer kon hulle hom terugbring.”

De Wet sê hy het nooit behoefte gehad aan alkohol of dwelms nie. “Vroue, ja! Ek is ’n man,” lag hy.

Dié hoefsmid van Northcliff in Johannesburg was nog nooit getroud nie.

“As ek by die huis kom nadat ek tien perde beslaan het, stink ek só, tot die blomme in my huis gaan dood. Ek het al meisies gehad, maar hulle kan nie aanpas by my leefstyl nie. Ek is altyd vuil, my broek is geskeur, my skoene stink ...”

Hy sê die publiek dink hy kry nooit met mense te doen nie omdat hy perde beslaan. “Maar daai diere het ’n baas ...”

De Wet is die oudste deelnemer nóg aan ’n Suid-Afrikaanse reeks van Survivor.

“Ouderdom is niks behalwe ’n nommer nie. Boonop is Survivor ’n mind game, en daarvoor het jy lewenservaring nodig.”

* Survivor South Africa: Champions word Sondae om 17:30 op M-Net (kanaal 101) uitgesaai.


David de Wet drink ’n Hunter’s Dry in Survivor South Africa: Champions. Voor die reeks het hy nie geraak aan drank nie. Foto: M-Net

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 357 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 493 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.45
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.35
+0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
904.58
+0.9%
Palladium
1,012.82
+1.1%
Gold
2,219.17
+1.1%
Silver
24.82
+0.7%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.9%
Resource 10
57,251
+2.9%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE