Share

ANC, EFF stem saam oor skuif van parlement

Een ding waaroor die ANC en EFF saamstem, al verskil hul redes, is dat die parlement uit die Moederstad na Pretoria moet verskuif.

Gwede Mantashe, ANC-hoof­sekretaris, het die afgelope week gesê die debat oor die setel van die parlement moet heropen word.

Dit kom nadat chaos in die nasionale vergadering losgebars het toe EFF-LP’s antwoorde by pres. Jacob Zuma geëis het oor die opknappingswerk by Nkandla, sy private woning.

Mantashe het aangevoer die Gautengse polisie sou vinniger as sy Wes-Kaapse eweknie op die oproerigheid in die parlement gereageer het as die parlement in die noorde van die land gesetel was.

Dáár is die ANC in alle provinsies aan die bewind.

Die EFF glo die skuif sal geld bespaar.

“Verskriklik baie staatshulpbronne word begroot om die uitvoerende gesag en amptenare tussen Kaapstad en Pretoria te vervoer,” sê Mbuyiseni Ndlozi, partywoordvoerder.

“As die parlement in Pretoria gesetel is, is dit nie nodig vir dié duplisering nie. Die staat hoef byvoorbeeld nie twee huise vir elke minister in stand te hou nie. Dit sal geld bespaar as die administrasie, politici en regering in een plek gesetel is,” sê Ndlozi.

Pravin Gordhan het verlede jaar in sy hoedanigheid as minister van finansies laat blyk dat daar besin moet word oor die setel van die parlement as deel van besuinigingsmaatreëls.

Die vliegkoste van parlementslede na en van Kaapstad het in die boekjaar 2011-’12 byna R107,3 miljoen beloop.

Kgalema Motlanthe, die voormalige adjunkpresident, het vroeër opdrag gehad om die kwessie te ondersoek. Dit is onduidelik wat die uiteinde was.

’n Lewensvatbaarheidstudie wat in 1997 deur KPMG gedoen is, het die koste van só ’n skuif op R237 miljoen geraam.

Indien dié raming korrek was, sal dié bedrag vandag R644 miljoen wees weens koste-inflasie, het Rapport bereken. In werklikheid kan die koste van ’n parlementêre skuif egter veel hoër wees as die inflasiekoers vir boumateriaal, boukoste en arbeidskoste ingereken word.

Prof. Anthony Butler, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, glo dit sal ’n “gevoelige ekonomiese slag” vir die Moederstad wees as die parlement sou verskuif.

“Die instelling verskaf werk aan ’n groot groep mense. Dit sal ook die plaaslike ekonomie raak omdat diplomatieke korpse, verslaggewers en werwingsgroepe gereeld die parlement besoek en die eiendomsfaktor moet in gedagte gehou word.”

Volgens hom is die grootste kwessie die fisieke onderskeid wat tussen die administratiewe en wetgewende arm getref word.

“Dit beklemtoon die skeiding van magte. Die skeiding van magte mag dalk verswak word as die parlement verskuif omdat dit maklik sal wees om invloed op die administrasie uit te oefen,” sê Butler.

Prof. André Duvenhage, politieke kenner aan die Noordwes- Universiteit, beskou dié uitspraak deur Mantashe as ’n weerligafleier.

“Daar is tans soveel goed met betrekking tot pres. Jacob Zuma in die ANC aan die gang – Nkandla, die speaker, die openbare beskermer – dat hy op ’n ander onderwerp wil fokus.

“Die sprake dat die parlement verskuif moet word, is ’n poging om die aandag af te lei,” sê Duvenhage.

Volgens John Steenhuisen, DA-hoofsweep, is Mantashe se rede vir die skuif “absoluut belaglik” aangesien die Wes-Kaapse regering nie beheer oor die polisie het nie. “Mantashe gryp na strooihalms om die aandag van die president – wat nie antwoorde in die nasionale vergadering wil beantwoord nie – af te lei.”

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF+, sê dié party is verdeeld oor die kwessie, maar hy dink nie dit sal sommer gebeur nie.

Ook die IVP sit op die draad hieroor. Narend Singh, IVP-hoofsweep, sê die kwessie vereis ’n bespreking in ’n gepaste forum waartydens die voor- en nadele daarvan opgeweeg word.

“Dit behoort nie emosioneel gelaai te wees nie anders sal dit nie sy logiese punt bereik nie.”

LP’s gaan vlieg!

LP’s van buite Kaapstad word in drie parlementêre dorpies in Kaapstad gehuisves.

Gewone LP’s (insluitende ’n huweliksmaat of lewensmaat) ontvang jaarliks 86 enkelvliegkaartjies in die ekonomiese klas terwyl partyswepe (insluitende ’n huweliksmaat of lewensmaat) 94 enkelvliegkaartjies kry.

Hulle kry ook parkering by die lughawe ter waarde van R44 000 per jaar.

Lede met tien jaar of meer parlementêre diens, LP’s ouer as 70 en LP’s met spesiale behoeftes mag in besigheidsklas reis
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 939 votes
No! It's time to move on ...
33% - 456 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.60
-0.3%
Palladium
962.00
-2.9%
Gold
2,340.49
+0.4%
Silver
27.32
-0.4%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE