Share

Aanvalle: Plaasplan ‘nog nie reg’

Van uitstel kom afstel.

So sê TLU SA nadat Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, die bekendstelling uitgestel het van ’n aksieplan vir plaasaanvalle wat hy vroeër ná ’n vlaag van plaasmoorde beloof het.

“Die plan is nog nie gereed nie. Ons het beoog om dit teen einde September bekend te stel, maar sal dit dalk nog ’n ruk moet uitstel,” sê Musa Zondi, Nhleko se woordvoerder.

“Die minister maak mooipraatjies om gemoedere te sus.

“Die vorige veiligheidsplan moes teen einde 2013 in werking getree het en daar is begroot vir ekstra polisievoertuie en mannekrag vir landelike polisiekantore. Daar het dadels van gekom,” sê Danie du Plessis van TLU SA.

Genl. Bheki Cele, adjunkminister van landbou, het op 5 September Queens­town in die Oos-Kaap besoek om die provinsiale veediefstalforum toe te spreek.

“Boere, plaaswerkers en -gemeenskappe moet saam met die polisie werk om plaasveiligheid te bewerkstellig,” het Cele
vroeër aan Beeld gesê.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
63% - 226 votes
No! It's time to move on ...
37% - 134 votes
Vote
Rand - Dollar
18.99
+1.2%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.36
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.3%
Platinum
915.40
+0.4%
Palladium
1,006.00
+0.1%
Gold
2,328.93
+0.6%
Silver
27.42
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,473
-0.2%
All Share
74,417
-0.1%
Resource 10
61,593
+1.9%
Industrial 25
103,012
-1.0%
Financial 15
15,837
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE