Share

African Bank: Oudbaas se spog-huis in mark

’n Praghuis op Rooi-Els in die Wes-Kaap wat glo behoort aan , is in die mark vir R60 miljoen.

“Die huis is ’n model van ontwerp-voortreflikheid, ekologiese sensitiwiteit en is gebou om die minimum uitwerking op die omliggende ekologie te hê,” lui die advertensie van die eiendomsagente Acquire Africa wat dit op hul webtuiste as ’n gesinsvakansiehuis bemark.

“ ’n Ware kombinasie van ’n luukse leefstyl in die hart van die natuur.”

Die agente Tara Whiting en Marius Botha het nie Vrydag oproepe van Rapport beantwoord nie. Ook Kirkinis het nie oproepe beantwoord nie.

Hy het sedert sy skielike bedanking begin Augustus, ’n paar dae voor African Bank in kuratorskap geplaas is, uit die media-kollig verdwyn.

Dit wil voorkom asof die huis sedert Mei deur Acquire bemark word.

African Bank se aandeelprys het begin Mei van bo R12 begin tuimel tot waar dit onlangs op 31c opgeskort is.

Dié maatskappy het die mark op 2 Mei geskok met die soveelste handelsverslag dat hy ’n reuse-verlies gaan ly.

Daar word harde vrae gevra oor die bestuur van African Bank en hoe roekelose kredietverskaffing tot die ineenstorting gelei het.

Volgens die eiendomsagente se webwerf is die huis van sowat 450 m2 geleë op erf 115, wat 1,47 ha beslaan.

Die eiendomswaardasierol van Rooi-Els toon Erf 115 behoort aan Upbeat Props 167.

In African Bank se jongste jaarverslag tot einde September 2013 word gesê Kirkinis is ’n direkteur van Upbeat Properties 167.

Die registrateur van maatskappye toon hy is al van 1999 ’n direkteur van die maatskappy, maar dat hy bedank het. Die datum word nie getoon nie.

Die Sunday Times het verlede week verwys na die Upbeat Properties-huis van Kirkinis.

Rapport het sedertdien vasgestel dit is in die mark.

Die huis het vier en suite- slaapkamers en ’n motorhuis vir ses motors. Daar is outomatiese blindings voor al die vensters en outomatiese hidrouliese hortjies wat die huis van die buitewêreld afsluit. Daar is ook ’n swembad, borrelbad, wynkelder en gimnasium.

Die huis het inwoners van die dorp ’n paar jaar gelede erg ontstig. In 2010 is berig hoe ontsteld inwoners oor die “monsteragtige” huis is.

Die voorsitter van die Rooi- Els-bewarea, Anuta Scholtz, sê Kirkinis was aanvanklik “almal se held”.

Dis omdat die erf oorspronklik gesoneer was vir ’n hotel – “die laaste ding” wat die mense van Rooi-Els wou hê. Die inwoners verkies ’n stil lewe sonder teerstrate en straatligte, sê sy.

“Toe het mnr. Kirkinis dit gekoop en laat hersoneer as residensieel en hom almal se held gemaak.”

Dinge was ’n ruk lank stil. Daarna het Kirkinis ’n proses van openbare deelname aan die gang gesit wat almal genooi het om na die planne te kyk. Hy het ook ’n volle omgewingsimpakstudie laat doen wat hom “baie geld moes gekos het”.

Dit sou ’n eenvoudige enkelverdieping wees wat nie eens van die see af raakgesien sou word nie, sê Scholtz.

“Die volgende wat ons sien, word die plek gebou nadat nuwe planne ingedien is en goedgekeur is.”

Toe “verrys hierdie argitektoniese wonderwerk” tussen die duine, sê Scholtz.

Die inwoners was magteloos.

“Ek persoonlik hou daarvan. Maar dis nie op die regte plek nie. Dis te hard vir die plek waar hy staan. Dit sou werk in die stad.”
Sy was nie bewus daarvan dat die huis in die mark is nie.

Die huis is in die jongste uitgawe van die tydskrif Visi vertoon. Kirkinis word nie geïdentifiseer nie, maar die Johannesburgse sakeman word as ’n “maverick” beskryf wat glo agterop ’n servet in ’n restaurant in Hermanus die konsep vir die huis geskets het.

Die huis het verlede jaar ’n toekenning van die Suid-Afrikaanse Instituut van Argitekte vir sy strukturele staalwerk gewen.

“Dis die eerste ding wat mense sien as jy van Gordonsbaai se kant aangery kom,” sê ’n ander inwoner van Rooi-Els.

“Dit lyk soos ’n lughawe-gebou of ’n sportstadion.”


Leon ­Kirkinis, die voormalige uitvoerende hoof van African Bank.


Die uitsig uit een van die slaapkamers.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 375 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 734 votes
Vote
Rand - Dollar
19.00
-0.1%
Rand - Pound
23.67
-0.2%
Rand - Euro
20.22
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
978.60
+0.3%
Palladium
1,016.00
-0.7%
Gold
2,374.19
-0.4%
Silver
28.32
-1.9%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,945
-2.1%
All Share
73,061
-2.0%
Resource 10
61,764
-3.3%
Industrial 25
98,377
-1.8%
Financial 15
15,647
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE