Share

Almal huil, sê onnie van SA in Suid-Korea

“Donderdag (die dag ná die tragedie) was die koudste en natste dag. Die hemele het saam gehuil oor die tragedie.”

Só sê Sorika Olivier, ’n Suid-Afrikaanse onderwyseres op die Suid-Koreaanse eiland Jindo, oor verlede Woensdag se veerbootramp waarin vermoedelik minstens 200 hoërskoolleerlinge omgekom het.

Teen druktyd Saterdag is die lyke van net 32 passasiers van die veerboot Sewol gevind, met 270 wat steeds vermis word.

Die boot het 476 mense aan boord gehad, waarvan 174 gered is.

Daar word vermoed die vermiste passasiers is steeds in die veerboot vasgekeer.

Die meeste van die passasiers was leerlinge aan die Danwon-hoërskool in die buurt Ansan in Seoel.

Hulle was op pad na ’n gewilde vakansie-eiland in die gebied.

Die boot se kaptein, Lee Joon-Soeok, is gisteroggend saam met twee bemanningslede in hegtenis geneem.

Lee het aan die media laat blyk hy wou nie ’n ontruimingsbevel gee nadat die veerboot omgeslaan het nie omdat daar geen reddings­bote in die omgewing was nie en omdat die water yskoud was.

Honderde passasiers het in hul sitplekke bly sit terwyl die boot gesink het.

Kang Min-Kyu, die skool se adjunkhoof wat die ramp oorleef het, is Vrydag dood aangetref nadat hy homself na alle aanduidings aan ’n boom opgehang het.

Modderige water en sterk seestrome het die soektog na vermiste kinders tot dusver uiters moeilik gemaak.

Olivier, wat al vier jaar in die land bly en Engels gee, sê Woensdag het soos enige normale weekdag begin.

“Ek was besig om vir my gr. 3-leerlinge werkwoorde te leer toe die aanhoudende sirenes van ambulanse almal ontstig het.”

Daar het ook etlike helikopters verby begin vlieg, sê Olivier.

Dit het gou duidelik geword die noodvoertuie en -helikopters was op pad na die Paengmok-hawe, wat deur die stad se maritieme polisiediens gebruik word.

Die bootramp het sowat 90 km van die eiland Jindo gebeur.

“Ons is net 11 buitelanders op die eiland.

“Ons het besluit ons wil iets doen vir die dorp en die betrokke ouers en skoolkinders,” sê Olivier.

Sy en die ander buitelanders het geld ingesamel om pakkies kitsnoedels, bottels water, sakkies kitskoffie, sokkies, tandeborsels en tandepasta te koop vir die naasbestaandes wat sedert die ongeluk by die hawe staan en wag vir nuus oor hul vermiste geliefdes.

“Die atmosfeer by die ­hawe is ontstellend en somber.

“Almal sit of lê in tente in die donker en kyk na nuus wat die afgelope twee dae net dieselfde beelde oor en oor uitsaai,” sê Olivier.

Bykomende beriggewing deur Reuters en Sapa-AFP

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 547 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 788 votes
Vote
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE