Share

As jy dink jou geheime is veilig – dink weer!

Net ’n naam en van word benodig.

En siedaar.

Ek weet presies waar jy op skool was. Waar jy die afgelope 15 jaar gewerk het, hoeveel kleinkinders jy het en watter roete jy huis toe en terug neem.

Nee, ek het niemand gehuur om jou te agtervolg nie. Ek het ook nie die een of ander tegnologies gevorderde program gebruik nie.

Net Google en sosiale netwerke soos Facebook en Twitter.

Rapport het die afgelope week ondersoek ingestel na die “aanlyn identiteit” van ’n paar vrywilligers en ’n hele paar dinge wys geword.

* Dit was nie lank nie of ek het presies geweet waar Jan du Plessis*, ’n middeljarige Blou Bul-ondersteuner, in Pretoria woon.

Dit het my tien minute geneem, om presies te wees.

Ek sou in my motor kon klim en voor sy hek gaan wag.

En al wat ek moes doen, was sy naam Google.

Boonop het ek uitgevind hoeveel hy deesdae aan “eiendomstariewe” betaal en ek het ’n verwysingsnommer gehad vir die waterprobleem wat by die metroraad aangemeld is. Dié is oop en bloot vir die wêreld om te sien op die webblad mobilitate.co.za.

Ek het sy kinders van nader leer ken, uitgevind in watter dorpe hulle woon, na hul troufoto’s gekyk en ek het geweet hoeveel kleinkinders hy het.

*  Anna Venter* was so ’n bietjie van ’n tameletjie. Ek kon nooit uitvind hoe sy lyk nie. Nêrens nie.

Wat ek wel kon uitvind, is dat sy ’n BPharm-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf het en dat sy die afgelope 15 jaar by verskeie farmaseutiese maatskappye gewerk het.

Dankie LinkedIn.

Met behulp van ’n vergete Twitter-profiel het ek uitgevind dat sy in ’n stadium in Northgate gewoon het. Haar huidige Twitter-profiel het baie meer verklap.

Ek het haar roete huis toe en terug leer ken. Byna tot op die minuut het ek uitgevind wanneer sy watter trein haal.

Ek kon uitvind by watter banke sy rekeninge het en dat sy ’n kredietkaart het wat haar probleme gee.

Sy het in ’n stadium in een van die departement van gesondheid se komitees gedien.

Selfs Anna se familie het nie privaat gebly nie. Ek weet presies wie haar ma en haar suster is. En haar suster het die oulikste kind.

Dit het my ’n uur en nege minute geneem om dié inligting in te samel.

* Joey du Toit*, ’n pensioentrekker van Welkom in die Vrystaat, hou die Oscar Pistorius-verhoor met ’n valkoog dop. Sy het nie minder nie as 12 Oscar Pistorius-Facebook-blaaie ge-like.

Ek het selfs uitgevind dat Joey onlangs haar hare laat sny en ’n paar ligstrepies laat aanbring het.

Dit was nie moeilik om uit te vind by watter salon of wie haar haarkapper was nie.

Dit het maar net ’n paar klieks gevat. ’n Uur en 25 minute later het ek uitgevind Joey is gek oor tamatiekonfyt. Maar die supermark in die dorp verkoop dit nie.

* Skuilname

Jan du Plessis*
* Foto van hom, sy straatadres en ’n foto van die meenthuiskompleks in Pretoria waar hy bly.
* Hy is ’n DA-ondersteuner.
* Hy is ook ’n kranige Blou Bul-ondersteuner.
* Waar hy in 1978 gematrikuleer het.
* Hy is in sy 50’s.
* Hy betaal sowat R728 per maand aan “eiendomstariewe”.
* ’n Verwysingsnommer by die Tshwane-metroraad vir ’n waterprobleem.
* Hy het gewerk as verkoopskonsultant.
* Wie sy vrou is, waar sy werk en haar kontaknommer en e-posadres.
* Twee kinders met hul foto’s en kontakbesonderhede, asook foto’s van hul wederhelftes.
*  Twee kleinkinders en hul foto’s.
* Hy is lid van die Discovery- Mediese Skema.
* Hy is ’n Nedbank-kliënt.
* Waar hy kerk toe gaan.

Anna Venter*
Wat ons kon uitvind...
* Woon in Centurion.
* Sy het met die Ou Johannesburg-pad werk toe gery, maar later gependel met die Gautrein.
* Sy het rekenings by FNB en Absa.
* Sy het ’n Kulula-kredietkaart.
* Sy het ’n BPharm-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland verwerf.
* Waar sy gewerk het sedert 1999 tot 2014.
* Wie haar suster en haar susterskind is.
* Wie haar ma is.
* Sy het graag na ’n Kaapse radiostasie op die internet geluister.

Joey du Toit*
* ’n Foto van haar.
* Sy woon in Welkom.
* Sy is ’n pensioentrekker.
* Waar sy gematrikuleer het in 1978.
* Sy gebruik ’n BlackBerry-foon.
* Wie haar man is.
* Sy het ’n dogter en ’n seun.
* Haar dogter het onlangs verjaar.
* Haar seun word binnekort pa.
* Haar dogter het ’n seun.
* Haar ma is in 2013 oorlede.
* Sy het ’n niggie wat in Rustenburg woon.
* Sy het nog ’n suster.
* Haar haarsalon en spesifieke haarstilis.
* Sy volg graag die Oscar Pistorius-verhoor.
* Sy het onlangs Jacques Steenkamp se boek oor die Griekwastad-moorde gelees.

* Lees ook hier: Hou só jou inligting privaat



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 19 votes
Hardly - I prefer streaming online
67% - 648 votes
Sometimes - it depends on the film release
31% - 295 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
-0.9%
Rand - Pound
23.87
-0.8%
Rand - Euro
20.43
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.8%
Platinum
953.60
+0.1%
Palladium
1,035.00
0.0%
Gold
2,385.41
+1.0%
Silver
28.31
+0.3%
Brent-ruolie
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE