Share

As jy sing ’n loopbaan wil maak, lees hiér

Die sanger Jakkie Louw het nou sy hand aan ’n handboek oor musiek gewaag.

En ná dese sal ’n paar rock-sangers hom seker aan die strot wil gryp: Hy sê rockmusiek verkoop nie, popmusiek wel.

Die musikant se handboek gee aan aspirantsangers en -musikante wenke oor hoe om ’n loopbaan op koers te kry.

Daar is wenke oor bemarking op sosiale media, hoe om jou woorde te tel as ’n “gevaarlike” vermaakjoernalis ’n onderhoud voer, en selfs hoe om jou stem te verseker.

“Deur dié lesse toe te pas kan ’n sanger derduisende rande spaar,” sê Louw.

“En met die liedjieskryf-oefening kan ons dalk duisende nuwe Afrikaanse liedjieskrywers ontmoet. Dalk ’n nuwe jong Afrikaanse Bob ­Dylan of Bruce Springsteen?”

Steve Hofmeyr, Jack Parow en Nicholis Louw is van die sangers wat ’n bydrae gelewer het. Nicholis vertel onder meer van sy handelsmerk en waarom hy altyd daardie vuur-en-vlam-skoene dra, en Hofmeyr oor hoe om jouself as handelsmerk te vestig.

“Dit was harde werk om die boek te skryf, maar ek is een van daardie musikante wat geen vyande het nie en ek kon onderhoude met almal vir die boek voer.”

Louw sê hy het ’n harde pad geloop om te kom waar hy is, selfs honger gely. Met die boek wil hy die pad makliker maak vir opkomende sangers.

Hy sê hy wil homself nie ’n skrywer noem nie. “Ek lees nie eens storieboeke nie. Ek dink ek is ’n gebore liedjieskrywer. Dít is my talent.

“Dit was vir my die moeilikste om oor myself en my eie geskiedenis in die musiekbedryf te skryf. My broer se dood was die rede waarom ek begin musiek maak het. Die ander hoofstukke is baie loopbaangerig.”

* Die musikant se handboek sal in Oktober op die winkelrakke en op Kalahari.com wees.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 19 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 647 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 292 votes
Vote
Rand - Dollar
19.19
-0.9%
Rand - Pound
23.87
-0.8%
Rand - Euro
20.43
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.8%
Platinum
953.60
+0.1%
Palladium
1,035.00
0.0%
Gold
2,385.41
+1.0%
Silver
28.31
+0.3%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE