Share

Atleet eis nadat artse sy voet afsit

Dit was die voet waarmee John van Reenen amper 40 jaar gelede vasgetrap het toe hy die wêreldrekord vir diskusgooi opgestel het.

Hy onthou nog die diskus het 68,48 m ver getrek.

Dit is ook een van die voete waarop hy gestaan het terwyl hy skilder.

Nou is die einste regtervoet en ’n deel van die been verlede jaar geamputeer, volgens Van Reenen (67) weens nalatigheid deur die dokters kort ná ’n operasie.

Die oud-atletiekheld dagvaar nou die hospitaal, die internis en die chirurg vir meer as R3 miljoen. Dit is vir verlies aan inkomste, pyn en lyding en toekomstige mediese behandeling weens nalatigheid.

Van Reenen was in die 1970’s en 1980’s een van die voorste diskusgooiers en gewigstoters ter wêreld.

In die apartheidsjare het hy daarin geslaag om oorsee deel te neem deur sy Amerikaanse universiteit, Washington State University, te verteenwoordig.

Hy het vanweë sy atletiekprestasies op skool vyf beurs-aanbiedinge van Amerikaanse universiteite gekry, maar op ­Washington State besluit.

Van Reenen het die wêreld­rekord van 68,48 m in Maart 1975 op ’n byeenkoms in Stellenbosch opgestel.

“Ek was destyds al erg in die kuns in, so ek het nie geoefen soos ek moes nie. Toe breek ek wragtag die rekord,” sê hy die afgelope week met ’n laggie.

Van Reenen se prokureur, JP Rudd, van die Adams & Adams-regspraktyk, het bevestig dat die dagvaarding teen die hospitaal en dokters uitgereik is. Hulle wag op ’n verhoordatum in die Wes-Kaapse hooggeregshof.

“Hel, dit was sleg toe die nuwe chirurg vir my sê as hulle nie my voet afsit nie, is ek môre dood. My lyf was só erg vergiftig,” sê Van Reenen.
Hy is ’n diabeet en het verlede jaar ’n ulkus (’n seer) onder sy regtervoet gekry.

Toe dit nie gesond word nie, is die ulkus begin Julie 2013 in die Mediclinic-hospitaal in ­George uitgesny. “Meer ‘uitgeslag’,” sê Van Reenen.

Daar is glo nooit in ag geneem dat hy as diabeet sekere medikasie nie kan gebruik nie en dat daar ander tipes organismes in die ulkus kan leef.

Van Reenen is ontslaan, maar hy het gangreen gekry en sy niere is beskadig.

Op 5 Julie 2013 moes ’n nuwe chirurg die voet inderhaas afsit en drie dae later ook ’n deel van sy been onder die knie.

Van Reenen sê die belangrikste rede vir die eis is dat hy “moet kan oorleef”.

“Ek moet my pragtige houthuis met ateljee hier in die Swartberg in De Rust (Wes-Kaap) verkoop. Dalk kan ek ’n ateljee in Calitzdorp kry.

“Ek is in ’n rolstoel en die mediese fonds weier om te betaal vir ’n prostese, wat my baie beweegliker sal maak.

“Dis ’n verskriklike aanpassing. Ek het altyd gestaan en skilder en dan teruggetree om te kyk. Dis moeiliker in die rolstoel, en my rug raak seer,” sê Van Reenen.

“Ek moes die skok verwerk.

“Ek het baie diep gesprekke met die Here gehad, die tipiese ‘Why me?’-ding.

“My geloof het my deurgetrek. Ek het besef dat ek ’n goeie, vol lewe gehad het. Ek glo alles werk ten goede saam.

“Ek wil net my lewe soos dit nou uitgedraai het gemakliker maak.”


John van Reenen, voormalige wêreldkampioen-diskusgooier, in sy jonger dae.


’n Selfportret van John van Reenen genaamd ‘Jon Boy’. Foto: Alison Clark

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 421 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 892 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE