Share

Bacchus kry hupstoot by Mozart en Kie.

’n Bolandse wynlandgoed is so ernstig oor gehaltewyn dat hulle die wingerde dag en nag met barok- en vroeë klassieke musiek vertroetel.

DeMorgenzon is lankal bekend oor wie sy eienaars is: Wendy Appelbaum was in 2011 in die nuus toe sy die slagoffer van ’n bedrieglike veiling vir ’n wynplaas van R55 miljoen geword het; en haar man, Hylton, het die radiostasie Classic FM in 1997 begin.

Die Bach, Albinoni, Handel, Haydn en Mozart wat nou dag en nag uit tien luidsprekers oor die wingerde stroom, kombineer dus die egpaar se liefde vir wyn en musiek. Selfs reeds gebottelde wyn “luister” saam.

Hylton het die idee in 2009 gekry en sedertdien sien hulle meetbare resultate.

“Die wingerde bot stadiger en groei meer egalig, die druiwe word effens stadiger ryp én die suikervlakke in die druiwe is laer sedert ons die musiek begin speel het,” sê Hylton.

“Ons kan regtig die uitwerking van die musiek sien. Dit was ook interessant om op te let dat die blomme wat onder die wingerde geplant is, nou vinniger groei sedert ons die musiek speel.”

Hy het nog altyd ’n belangstelling in die uitwerking van musiek en klankgolwe op plantegroei gehad.

DeMorgenzon het op barok- en klassieke musiek besluit oor die “wiskundige ritme” van die musiek.

“Ons het die musiek begin speel met die gedagte dat as dit geen uitwerking op ons wingerde het nie, dit ten minste die werksomgewing sal verbeter,” sê Hylton.

Hulle het sommer van die begin af besluit om geen musiek met stemme te speel nie – deels om irritasie te voorkom en die bure rondom hulle in ag te neem.

Sekere musiekinstrumente kom ook nie in aanmerking nie.

“Jy wil nie in die middel van die nag wakker word en ’n opera hoor nie,” skerts Hylton.

Baie van die werknemers op die plaas het nooit gedink hulle sal van die musiek hou nie, maar hulle is nou mal daaroor, sê hy.

Het die druiwe dan ook ’n gunsteling-komponis? Hylton is onseker.

“As dit niks anders doen as om die omgewing te verbeter nie, is ek gelukkig.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 1027 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 1090 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE