Share

Belasting? Nee. Staak? Nee. Regulering? Nee!

Die Suid-Afrikaanse regering doen drie dinge verkeerd wat die ekonomie betref: Jy kan jou nie na welvarendheid belas nie, jy kan jou nie na welvarendheid staak nie en jy kan jou nie na welvarendheid reguleer nie.

So sê Chris Hart, ’n ekonoom van Investment Solu­tions, met die oog op pres. Jacob Zuma se staatsrede Dinsdag.

Volgens Hart is werkloosheid en hoë ongelykhede die land se grootste probleme en nie een van die twee kan sonder sterk ekonomiese groei opgelos word nie.

Die ekonomie is onder groot druk. ’n Resessie dreig, werkloosheid kruip nader en arbeidsonrus dryf ’n dolk deur die land se mynbou-hart.

Die wêreld sien dit raak.

Eers het die kredietgraderingsagentskap Fitch sy vooruitsigte vir Suid-Afrika na “negatief” verstel en toe kom die skok van Fitch se mededinger Standard & Poor’s wat ons kredietgradering afgegradeer het vir die tweede keer in twee jaar.

Dit kan dit weldra duurder maak vir die regering om die geld te leen wat hy nodig het om vir basiese dienste en ander uitgawes te betaal.

Fitch verwag die lendelam ekonomie sal weens stakings, hoë looneise en Eskom se elektrisiteitskrisisse met net 1,7% groei en dít beteken werkskepping kan ons bly ontwyk.

Met Zuma se eerste staatsrede in 2009 was werkloosheid 32,7% en die land se ekonomie was in ’n resessie.

Volgens die Wêreldbank se jongste verslag oor wêreldwye ekonomiese vooruitsigte word ekonomiese groei van 2,1% vir 2014 in Suid-Afrika voorspel.

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) verwag ook nou ’n verlaagde groeikoers van 2% weens die platinum-mynstaking.

Die ekonomie het reeds in die eerste kwartaal met 0,6% gekrimp en nóg ’n kwartaal van inkrimping sal beteken ons is tegnies in ’n resessie.

Die jongste indeks deur BankservAfrica het reeds verlede week voorspel ’n resessie is ’n wesenlike gevaar, volgens die ekonoom Mike Schüssler.

“Al is die moontlikheid van ’n resessie nog nie ’n harde feit nie, begin die algehele ekonomiese transaksies daarop dui dat alles nie goed is nie,” sê Schüssler.

Prof. Raymond Parsons, ekonoom van die Noordwes-Universiteit se sakeskool, sê selfs al groei die ekonomie met 1% tot 2%, loop Suid-Afrika gevaar om in ’n “lae-groei-strik’’ te beland waaruit hy moeilik gaan ontsnap.

“Wat verkeerd geloop het, kan nie net aan die wêreldekonomie toegeskryf word nie. Dit het plaaslike oorsake en is op ons drumpel.

Enige negatiewe beoordelings van kredietgraderingsagentskappe sal die uitdaging om hoër werkryke groei te bereik, vererger,” sê Parsons.

Gill Marcus, president van die Reserwebank, het Dinsdag by ’n ontbyt in Johannesburg volgehou dit is voortydig om van ’n resessie te praat.

“Die plaaslike ekonomie kry die wind sterk van voor, grootliks deur ons eie toedoen, wat beteken dit is binne ons vermoë om op te los,” het Marcus gesê.

“Hoog op die lys is die huidige verlammende arbeidsverhoudingomgewing.”

Sy het gewaarsku die Suid-Afrikaanse ekonomie het nog nie eens die volle uitwerking van die staking gevoel nie.

Volgens Statistieke Suid-Afrika is die werkloosheidskoers 25,2%.

In 2011 was dit 24,8% en in 2008 23,2%.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 887 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE