Share

Biddende vrou met kruisboog doodgeskiet

Terwyl die 39-jarige Shameemah Shamoon, ’n paramedikus van Benoni, kort ná sonsondergang met haar voorkop teen die vloer gekniel en gebid het, het haar man haar na bewering van agter met ’n kruisboog geskiet, die pyl uitgetrek en haar nóg twee keer geskiet.

Shamoon is op die toneel in hul huurwoonstel dood verklaar.

Haar 40-jarige man is dieselfde aand aangekeer en verskyn oormôre op aanklag van moord in die Benoni-landdroshof, het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Moulana Bellim, ’n ­Islamitiese gemeenskapsleier, was Shamoon se man ’n “liefdevolle mens” en: “Net God sal weet wat gebeur het.”

Hy sê Shamoon se 15-jarige susterskind was in die woonstel toe die treurspel gebeur het.

Die man het glo gedreig om hom ook dood te skiet.

Die man het na bewering die minderjarige seun in ’n hoek probeer dryf toe hy hulp wou ontbied. Die seun het egter daarin geslaag om met geringe beserings te ontsnap.

Die Maghrib-gebed word kort ná sonsondergang (tans omstreeks 17:52 in Suid-Afrika) gehou. Daar word van Moslems verwag om vyf keer per dag te “Salah” (bid). Shamoon was besig met haar vierde Salah vir die dag.

Die man het glo ná die moord Shamoon se ma gebel om haar in te lig haar kind is na “Jannah” (die ewige paradys vir Moslems).

Bure in die Seramar Court-woonstelgebou in Benoni sê hulle het nie die paartjie van woonstel 203 op die boonste verdieping geken nie. “Hy was ’n baie stil man,” het ’n werknemer by die vulstasie oorkant die pad gesê.

* Pierre la Grange (39), geklee in ’n dik swart baadjie met sy hare kort geskeer en ’n lang baard, het Dinsdag op aanklagte van moord en poging tot moord in die Benoni-landdroshof verskyn. Die saak is tot 30 April uitgestel.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 17 votes
Hardly - I prefer streaming online
68% - 570 votes
Sometimes - it depends on the film release
30% - 255 votes
Vote
Rand - Dollar
19.13
-0.6%
Rand - Pound
23.81
-0.6%
Rand - Euro
20.40
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.5%
Platinum
960.80
+0.8%
Palladium
1,050.00
+1.5%
Gold
2,374.63
+0.6%
Silver
28.28
+0.2%
Brent Crude
87.29
-3.1%
Top 40
67,344
+0.7%
All Share
73,403
+0.6%
Resource 10
63,279
-0.2%
Industrial 25
98,654
+0.9%
Financial 15
15,534
+1.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE