Share

Bobby, Nianell sing in ‘jou tuin’

Goeie nuus! Jy hoef nooit weer te wonder wat om op ’n Sondag te doen nie, want van die grootste Suid-Afrikaanse sangers is reeds tot in Desember bespreek om vroegmiddag in ’n tuin naby jou te kom sing.

Rapport se reeks akoestiese Sondagkonserte, Tussen Tuine, gaan oor die land van Pretoria tot die Karoo, Johannesburg, die Vrystaat en selfs die Tuinroete toer.

Dié inisiatief begin op 5 Oktober met Bobby van Jaarsveld en Nianell by die Pretoriase Nasionale Botaniese Tuin.

“Ek sien baie uit na hierdie vertoning. Die botaniese tuin op ’n Sondag is altyd ’n lekker ervaring, veral omdat dit iets is wat die hele gesin saam kan geniet,” sê Bobby van Jaarsveld.

Ander kunstenaars wat reeds bespreek is, sluit onder andere in Theuns Jordaan (Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin), Elvis Blue (Tuinroete Botaniese Tuin), Chris Chameleon (Rhebokskloof- wynlandgoed), Ray Dylan (Laeveldse Nasionale Botaniese Tuin) en Van Coke Kartel (Karoo- Nasionale Botaniese Tuin).

Volgens Waldimar Pelser, Rapport se redakteur, is sy koerant al lank besig om ’n manier te soek waarop hulle aan lesers ’n unieke musiekervaring kan bied.

“Ons hoop Tussen Tuine word ’n tradisie vir musiekliefhebbers wat hou van kuier in die buitelug en wat dit geniet om in hierdie pragtige land met al sy geite en talentvolle kunstenaars te woon,” sê Pelser.

Dié konsep word in samewerking met Hilltop Live, die gasheer van Oppikoppi, gedryf.

Volgens Misha Loots van Hilltop Live is een van hul grootste doelwitte om die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te bevorder met langtermynplanne.

Tussen Tuine is so ’n inisiatief en hy meen dis belangrik omdat baie mense wat van musiek hou nie noodwendig altyd konserte in die aande kan bywoon nie.

“Ons wil die shows na mense toe vat wat in dorpe bly waar daar nie so baie konserte is nie en ons wil vir mense die geleentheid gee om iets saam met hul kinders te gaan kyk,” sê Loots.

Die volledige program vir die volgende drie maande se Sondagkonserte is by tussentuine.co.za beskikbaar. Sover moontlik is kaartjies vir skoolkinders gratis. Kaartjies is ook by plankton.mobi of rapporttussentuine.co.za teen R100 en by die hek teen R120 beskikbaar.

* Om ’n Rapport Tussen Tuine-konsert vir jou gebied te bespreek, stuur e-pos na Carla@hilltoplive.co.za of marilize@hilltoplive.co.za. (Let wel: Die tuin moet vir minstens 1 000 mense plek hê).
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 673 votes
No! It's time to move on ...
34% - 347 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
-0.3%
Rand - Pound
23.85
-0.2%
Rand - Euro
20.47
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.6%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
931.80
+0.7%
Palladium
993.00
+0.3%
Gold
2,344.71
+0.5%
Silver
27.69
+0.9%
Brent-ruolie
89.01
+1.1%
Top 40
69,154
+1.1%
All Share
75,069
+1.0%
Resource 10
62,766
+1.0%
Industrial 25
103,925
+1.4%
Financial 15
15,882
+0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE