Share

Bok-slot dalk net dié doepa vir haar hart

Dit was net ’n soentjie, het Angelique Gerber (30) van Boer soek ’n vrou-faam die afgelope week geskerm oor die aandjie wat sy en die Springbok-slot Flip van die Merwe (28) twee weke gelede by die Laughing Chefs-restaurant in Pretoria deurgebring het.

Dit kom skaars twee maande na dié vurige rooikop in ’n tydskrif gebieg het sy en haar man Ben-G van Niekerk se huwelik is op die rotse nadat hy haar verneuk het.

Angelique en Ben-G is nog nie geskei nie.

Hy het reeds ’n nuwe vrou in sy lewe en nou sê Angelique sy gaan nie elke aand by die huis sit nie.

Dit is waarom sy en Flip deesdae gereeld in mekaar se geselskap gesien word. Maar Angelique sê al het hulle “een aand ’n soentjie gedeel” is hulle eintlik net vriende.

Uiteters wat dié twee sowat twee weke gelede in die restaurant gesien het, sê die aktrise en die Bok het so vurig geraak “dat hulle eerder ’n slaapkamer moes kry”.

O nee, sê Angelique giggelend. “Dit was regtig net ’n soentjie. Ek weet ons moes seker nie in die restaurant gesoen het nie, maar dit het g’n naby die slaapkamer gedraai nie.

Ons het lekker gekuier en toe ’n bietjie gesoen. Dit was nie vreeslik ernstig nie.

“Ek is nou enkellopend en gaan beslis nie elke aand by die huis sit nie, maar ek is glad nie reg vir ’n vaste verhouding nie. Ek en Flip is regtig net vriende en daar is niks tussen ons nie.”

Angelique en Flip is al verskeie kere saam by kuierkroeë in Pretoria gesien.

Flip is verlede jaar geskei van sy vrou, Elode.

“Flip is baie sosiaal en Elode wou ’n huisman hê. Sy het baie met hom baklei as hy saam met sy spanmaats ’n bier gaan drink of sosiale geleenthede bygewoon het.

Flip het toe besluit om van haar te skei,” vertel ’n bron wat in die rugbykringe beweeg.


Gaan die aantreklike slot Flip van der Merwe Angelique se hart heel maak? Die twee het glo ’n soen in ’n restaurant gedeel. Foto: Christiaan Kotze


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 913 votes
No! It's time to move on ...
33% - 441 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.43
+1.5%
Rand - Euro
20.09
+1.5%
Rand - Aus dollar
12.28
+1.0%
Rand - Yen
0.12
+2.1%
Platinum
922.40
-0.3%
Palladium
960.00
-3.1%
Gold
2,329.87
-0.1%
Silver
27.19
-0.9%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,433
+1.5%
All Share
75,439
+1.5%
Resource 10
62,445
+0.5%
Industrial 25
104,051
+1.5%
Financial 15
16,166
+2.3%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE