Share

Charlize, Sean soek stel in SA

Charlize Theron en haar akteur-kêrel, Sean Penn, was die afgelope week in die Noord-Kaap op soek na ’n plek om sy nuwe fliek te skiet.

Theron gaan glo die hoofrol speel in The Last Space, wat in die Soedanse woestyn afspeel en waarvan Penn die regisseur sal wees.

Die paartjie is Donderdag en Vrydag deur die hoof van die Noord-Kaapse Kamer van Koophandel, Donovan Richmond, op ’n toer in en om Upington geneem.

Hy beskryf hulle as “normale mense”, maar wil nie veel oor hulle verklap nie.

“Ek wou hulle nie afskrik nie, want ek wil rêrig graag hul sake hê,” sê hy.

Theron se seun, Jackson, was nie saam nie.

The Good Lie, met Reese Witherspoon in die hoofrol, is onlangs naby Upington verfilm.

“Ons wil baie graag hierdie projekte fasiliteer, want dis ’n wonderlike geldinspuiting,” sê Richmond.

Penn het Woensdag ook plekke by Kaapstad bekyk vir sy fliek.

Mense het gestaar toe hy saam met plaaslike rolprentmakers peri-peri-hoender by Dias Tavern in die Moederstad geëet het.

Die sanger David Kramer was toe ook by die restaurant en het gegrap dat hy gereël het om Penn daar te ontmoet.

Penn (56) en Theron (38) is in Januarie in Hawaii vir die eerste keer saam gesien.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 401 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 845 votes
Vote
Rand - Dollar
19.09
+0.4%
Rand - Pound
23.63
+0.8%
Rand - Euro
20.34
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.4%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
941.60
-0.9%
Palladium
1,021.50
-0.8%
Gold
2,393.36
+0.6%
Silver
28.69
+1.6%
Brent-ruolie
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE