Share

‘Dié nuwe Bybel is New Age’

Dele van die nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel is al op die rak, maar ’n voormalige pastoor van Pretoria glo steeds dié vertaling “verkrag die woord van God”.

“As jong seun het ek gedink die mense by die Bybelgenootskap is engele. Maar hulle is ’n klomp agnostici,” sê dr. Hannes Redelinghuys by sy Eindtydboekwinkel, ’n stalletjie in die Montana-familiemark in die noorde van Pretoria.

Hy het onlangs ook ’n boek gepubliseer waarin hy die vertaling kritiseer. Redelinghuys bevraagteken sommige voetnotas in die nuwe vertaling en die gebruik van kleinletters op plekke wat volgens hom na Jesus verwys. Só word die woord “Seun” in Hosea 11:1 met ’n kleinletter geskryf, maar Redelinghuys argumenteer dit verwys na Jesus en moet met ’n hoofletter wees.

Hy beskryf die nuwe vertaling as ’n “New Age-Bybel” omdat ander gode en godsdienste nou in die nuwe vertaling ingelees word.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het die Nuwe Testament en Psalms as Die Bybel: ’n Direkte vertaling in April bekend gestel. Dit is nog nie bekend wanneer die volledige Bybel beskikbaar sal wees nie.

Redelinghuys is aan geen kerk verbonde nie, maar sê hy is deel van die “Bruid van Christus” en het ’n doktorsgraad in eskatologie, wat oor die eindtyd handel, van die Commonwealth University.

Ds. Gerrit Kritzinger, hoof van die Bybelgenootskap, sê die meeste Bybelvertalings gebruik nie hoofletters in Ou-Testamentiese tekste wat in die Nuwe Testament as verwysing na Christus aangedui word nie.

Hy ontken dat ander godsdienste en gode in die nuwe vertaling “ingelees” kan word.

“Die vertalers is deeglik bewus daarvan dat daar vir die Nuwe Testament op plekke in die Ou Testament, naas die gewone betekenis, ook ’n dieper of verborge betekenis is wat verwysings is na Christus. Die vraag wat vooraf beredeneer is, was of die verborge of dieper Nuwe-Testamentiese verstaan van ’n teks reeds in die vertaling van die Ou Testament neerslag moet vind, met die gevolg dat die vanselfsprekende betekenis na die agtergrond skuif?

“Of moet die gewone betekenis vertaal word met die gevolg dat die Nuwe-Testamentiese verstaan van die teks nie aangedui word nie?” vra Kritzinger.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 869 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 916 votes
Vote
Rand - Dollar
19.17
-0.3%
Rand - Pound
23.85
-0.2%
Rand - Euro
20.49
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.46
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
920.80
+0.1%
Palladium
1,024.00
-0.2%
Gold
2,316.29
-0.3%
Silver
27.12
-0.7%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,504
+0.7%
All Share
74,470
+0.6%
Resource 10
59,661
+0.1%
Industrial 25
104,200
+1.4%
Financial 15
15,913
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE