Share

Die staat word te duur!

Die staatsdiens se salarisrekening het die afgelope dekade só handuit geruk dat mense wat persoonlike belasting betaal nie meer genoeg kan bydra om al die amptenare se salarisse te betaal nie.

Desondanks is daar sprake dat die staatsdiens ná volgende maand se verkiesing vérder vergroot gaan word met die byvoeging van nuwe ministeries en departemente vir kleinsake en jeugsake.

Ekonome sê die groei van die staat se loonrekening is heeltemal buite beheer.

“Die tyd het gekom om ’n moratorium op nuwe poste in die staat te plaas,” sê Chris Hart, ’n ekonoom van Investment Solutions.

Hy sê net die private sektor kan werk skep en hoe groter die staat se salarisrekening word, hoe meer word die land se belastingbasis oorweldig.

Die aantal ministeries in Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar geleidelik toegeneem van 26 onder pres. Nelson Mandela tot 34 vandag.

Die toename het ’n invloed op personeelgetalle regdeur verskeie staatsafdelings.

Volgens die nasionale tesourie se jongste begroting sal die totale salaris- en loonreking van die staat vanjaar R411 miljard beloop.

Luidens die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se vooruitskattings sal die bedrag wat aan persoonlike inkomstebelasting vanjaar ingevorder word sowat R330 miljard wees.

Dr. Wilmot James, die DA se federale voorsitter, sê die uitbreiding van die staatsburokrasie het nie gelei tot beter dienslewering nie.

“Trouens, ’n mens het nog nooit soveel diensleweringsbetogings gesien as nou nie. Al wat die meeste staatsdepartemente geword het, is plekke van kaderontplooing as beloning aan party-lojaliste.”

Phumla Williams, regeringswoordvoerder, was Vrydag nog onbewus van die gissings oor nuwe ministeries.

“Ek weet nie hoe die kabinet of die regeringstrukture kan lyk ná die verkiesing nie, dit is die president se prerogatief. Ons wag self om te sien hoe dinge sal lyk ná die verkiesing en wie ministers van wat sal wees.”

Hart sê hy sou enige voorstel om die aantal staatsdepartemente te vermeerder as belaglik afgemaak het, maar daar is wel een uitsondering: ’n Departement van kleinsake is volgens hom ’n goeie idee.

“Hopelik sal so ’n ministerie ’n mandaat hê om te kyk na die belange van kleinsake. Dit moet ’n behoorlike kleinsake-ministerie wees, nie een wat net meer burokratiese rompslomp bring nie,” meen Hart.

Tim Harris, DA-LP, sê hy meen die staat kan met betreklik maklike ingrypings tot R10 miljard per jaar spaar deur die regering kleiner te maak.

Hy sê die departement van ekonomiese ontwikkeling en die departement van vroue, kinders en mense met gestremdhede is oortollig.

So ook die departement van hoër onderwys, want: “Wat het dié departement die afgelope vyf jaar bereik?”

Hy sê die staat moet ál meer geld leen om vir die stygende staatskoste te betaal.

“Dit dra daartoe by dat die staat­skuld tot die bruto binnelandse produk tans byna 40% is. Aanduidings is dit sal teen 2017 meer as 45% wees.”

Die implikasie is dat Suid-Afrikaners teen 2016 tot soveel as R140 miljard per jaar net aan rente op staatskuld sal moet betaal.

Ons skuldvlakke sal teen daardie tyd na raming sowat R2 200 miljard wees.

Harris sê die huidige praatjies van nóg twee nuwe staatsdepartemente is net ’n verdere voorbeeld van ’n minister van finansies wat die regte woorde sê “terwyl die ANC en die president hom daarna net ignoreer”.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 492 votes
No! It's time to move on ...
35% - 264 votes
Vote
Rand - Dollar
19.01
+1.1%
Rand - Pound
23.79
+0.7%
Rand - Euro
20.40
+0.8%
Rand - Aus dollar
12.40
+0.7%
Rand - Yen
0.12
+1.2%
Platinum
925.50
+1.5%
Palladium
989.50
-1.5%
Gold
2,331.85
+0.7%
Silver
27.41
+0.9%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.7%
Industrial 25
102,531
-1.5%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE