Share

Dís wat Faith glo

Veels te veel gewag word gemaak van die media se rol ­as waghond, glo Faith Muthambi, minister van kommunikasie. Veral die SAUK moet eerder moeite doen om ongelykheid te beveg as om oor korrupsie te grom.

Danksy uitsprake soos dié sê Muthambi se kritici haar departement is eintlik niks meer nie as pres. Jacob ­Zuma se propagandamasjien.
Ons het gaan kyk hoe die minister dink oor:

Haar departement se rol:

* “Kom ons vertel aan mense watter vordering ons as ’n land gemaak het. Ek sal op my gelukkigste wees as elke Suid-Afrikaner ingelig is oor wat die regering doen, veral (vir) die armes wat nie internettoegang het nie.

“Moenie bang wees dat dit die een of ander propaganda gaan wees nie.” (Op ’n mediakonferensie op 24 Junie waar sy haar departement bekend gestel het.)

Die media:

* “Wat belangrik geword het, is die oorbeklemtoning van die media se waghondrol (wat gelei het) tot die verarming van die media se verantwoordelikheid om burgers te bemagtig met inligting wat hulle toegang gee tot die regering se verskeie geleent­hede om hulle uit armoede op te hef.

“As burgers moet koerantgroepe hulself afvra of die rol wat hulle oor die afgelope 20 jaar gespeel het in die bou van ons nuwe demokrasie verbeter kan word. Dit kan sekerlik nie ’n verkeerde vraag wees om te vra nie.” (Uit ’n skrywe op 3 Julie in The New Age.)

* “Ons wil die doeltreffendheid van Vuk’uzenzele (die staat se gratis koerant) beoordeel... Ons wil ’n strategie ontwerp waarmee ons Vuk’uzenzele onontbeerlik maak as ’n platform om met ons mense te kommunikeer. “Vuk’uzenzele is ’n regeringskoerant, mense moenie City Press hoef te gaan koop om werk te kry nie, hulle moet dit dáár (in Vuk’uzen­zele) kan kry.” (In ’n radio-onderhoud.)

* “Ek het nooit gesê mense moenie in City Press adverteer nie. Dít is nooit bespreek nie. Maar dié gerugte sal altyd kom – die vrees van die onbekende, dalk. As ons dit bespreek, sal ons dit amptelik aankondig.” (Haar antwoord op 24 Julie op ’n vraag van Rapport.)

Die rol van die SAUK:

* “Ons wil die mense van Suid-Afrika verseker ons bedoeling is om te sorg dat die SAUK sy rol speel in die na­sionale projek om armoede, ongelykheid en werkloosheid te beveg deur burgers te bemagtig.” (Uit haar begrotingstoespraak.)

Oor Hlaudi Motsoeneng se vaste aanstelling as bedryfshoof van die SAUK:

* “Ek en die SAUK-raad is tevrede die verslag deur die aangestelde regsfirma verontskuldig mnr. Motsoeneng van enige onreëlmatighede. En daarom was daar niks voor my wat gesê het ek moenie sy aanstelling bekragtig nie.”

* “Dié besluit wat ek geneem het, was rasioneel.” (Op ’n mediakonferensie op 10 Julie ná ’n kabinetsvergadering waar sy gepeper is met vrae omdat sy Motsoeneng aangestel het ondanks die openbare beskermer se bevindings teen hom.)

* “Ek respekteer die onafhanklikheid van die SAUK-raad. Daar was geen rede om in te meng nie.” (Op dieselfde mediakonferensie. Nadat ’n SAUK-raad by ’n vorige geleentheid Motsoeneng se vaste aanstelling afgekeur het, het al die ANC-lede van die raad bedank, wat die aanstel van ’n nuwe raad genoop het.)

Die lisensiëring van ­joernaliste:

* “Dit is ’n kwessie waaroor nog gepraat moet word.

“Ek het nog nie ’n mening hieroor nie.” (Mediakonferensie op 10 Julie na aanleiding van Motsoeneng se wyd veroordeelde stelling dat joernaliste gelisensieer moet word.)

* “Ek het nie enige planne of ’n mening hieroor nie. Ek het nog nie eens daaroor gedink of joernaliste gelisensieer moet word nie.” (Op ’n mediakonferensie op 24 Julie.)
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 204 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 441 votes
Vote
Rand - Dollar
19.24
-0.4%
Rand - Pound
23.93
-0.4%
Rand - Euro
20.49
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.4%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
948.70
-0.2%
Palladium
1,023.00
-0.6%
Gold
2,381.60
+0.1%
Silver
28.27
+0.1%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
66,691
-0.7%
All Share
72,733
-0.7%
Resource 10
63,070
-0.4%
Industrial 25
97,548
-0.9%
Financial 15
15,358
-0.8%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE