Share

Egbreuk: Appèlhof moet sê oor eise

Dit kan die duurste verhouding wees wat ’n man nóg gehad het, sê die prokureur van ’n man wat nou probeer om die Suid-Afrikaanse reg te verander.

Heinrich Roux* is deur die hooggeregshof in Pretoria beveel om R75 000 se vergoeding te betaal aan die man wie se vrou hy afgevry het.

Maar Roux vra nou die appèlhof om te besluit of ons regstelsel nog skadevergoeding vir owerspel behoort toe te ken.

As sy kliënt se appèl nie slaag nie, sal hy die geld én regsrekeninge van albei party moet betaal, sê Hanro Friedrigh, die prokureur.

Die hooggeregshof het bevind Roux was verantwoordelik vir die verbrokkeling van Drickus Engelbrecht* en Liani Hamman* se huwelik.

Roux beweer egter Engelbrecht en Hamman se verhouding het reeds in 2009 verbrokkel en dat hy eers met Hamman ’n verhouding aangeknoop het nadat sy Engelbrecht gedagvaar het vir ’n egskeiding.

Die saak is die afgelope Woensdag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.

Luidens hofstukke het Hamman in die hooggeregshof getuig van haar ongelukkige huwelik met ’n man wat geen liefde, respek of toegeneentheid jeens haar getoon het nie.

Die twee is in 2005 getroud en vyf jaar later uitmekaar.

Twee kinders is uit die huwelik gebore.

Sy het vertel hoe sy Engelbrecht elke maand moes smeek om geld omdat hy telkens haar hele salaris uit haar rekening getrek het sodat hy beheer kon hê oor die finansies.

Sy het ook getuig hoe hy haar gedwing het om met hom seks te hê, al het sy gevoel dis nie die gepaste plek of tyd nie, en dat sy reeds in 2009 ’n huweliksberader gaan sien het omdat sy “stres en ongemak” in haar huwelik ondervind het.

Engelbrecht het ’n baie rooskleuriger prentjie van hul huwelik geskets.

Volgens hom het Roux en Hamman reeds in 2009 met ’n seksuele verhouding begin en was dít die rede waarom Hamman ’n egskeiding wou hê.

Roux se regsverteenwoordigers het in die hof geargumenteer dat owerspel nie meer in vandag se tyd as ’n delik (onregmatige daad) in ons reg erken behoort te word nie. Indien die hof hom gelyk gee, sal gebelgde huweliksmaats nie meer eise teen die derde party kan indien nie.

Volgens Friedrigh is daar die afgelope 30 jaar net drie ander egbreuksake in die Suid-Afrikaanse regstelsel aangeteken.

“Die meeste sake word voor die tyd geskik,” sê hy.

Uitspraak is voorbehou.

*Skuilname is gebruik om ­kinders te beskerm.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
49% - 868 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
51% - 915 votes
Vote
Rand - Dollar
19.17
-0.3%
Rand - Pound
23.85
-0.2%
Rand - Euro
20.49
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.46
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.3%
Platinum
920.80
+0.1%
Palladium
1,024.00
-0.2%
Gold
2,316.29
-0.3%
Silver
27.12
-0.7%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,504
+0.7%
All Share
74,470
+0.6%
Resource 10
59,661
+0.1%
Industrial 25
104,200
+1.4%
Financial 15
15,913
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE