Share

'Ek was net 'n huisvrou'

Vrydag was ’n baie lang en baie moeilike dag vir die Kaapse miljoenêr-huisvrou en weduwee, Susan-Ann Pretorius (53).

Buiten dat sy gepeper is met vrae oor geld wat sy van haar ontslape piramideskema-swendelaarman sou gekry het, moes sy ook ’n ring met ’n diamant van 3,3 karaat, ’n Tag Heuer-horlosie, asook haar Tod’s- en Louis Vuitton-handsakke aan die kurators van haar man se gesekwestreerde trusts oorhandig.

Op 26 Julie 2012 het ondersoekers van die afdeling vir finansiële adviseurs en tussengangerdienste (Fais) haar man, Herman (55), ondervra by sy kantoorkompleks in die Tygerwaterfront in Bellville.

Herman het homself verskoon en gesê hy gaan toilet toe, maar het in sy Aston Martin-sportmotor geklim, na sy eertydse sakevennoot, Julian Williams, se kantoor in die Kaapstadse middestad gery en eers vir Williams en daarna homself doodgeskiet.

Sedertdien het dit aan die lig gekom dat beleggers R2,2 miljard in Herman se piramideskema belê het.

Nou moet Susan-Ann al die vrae beantwoord. “Ek het niks te doene gehad met die besigheid nie,” het ­Susan-Ann Vrydag gesê toe adv. Almero de Villiers (vir die kurators) haar ondervra het.

“Ek het die huissake behartig. Ek het ons kinders (Christopher en ­Andrew) grootgemaak . . .na die tuin omgesien . . . kos gekook. Ek was nie net ’n lui huisvrou nie.”

Volgens De Villiers probeer die kurators vasstel of en hoe sy baat gevind het by betalings as trustee van sommige van Herman se trusts of as ’n beguns­tigde.

“Kan ek net iets sê? Ek is seker maar dom. Sedert 1991 het ek niks te doene gehad met my man se besigheid nie.”

Volgens haar het sy het nooit rede gehad om te glo hy is nié die man saam met wie sy 31 jaar lank was nie.

“Dit is alles goed wat nou uitkom,” het sy Vrydag gesê.

Op Herman se begrafnis op 1 Augustus 2012 in die NG kerk Welgemoed het dr. Braam Hanekom, wat die diens behartig het, gesê Herman het vroeër aan hom genoem hy het ’n toekomsvisioen gehad dat hy “baie mense gaan seermaak”.

Herman, wat graf toe is met die geheim van wat hy met die miljarde rande in beleggersgeld gedoen het, het nêrens vir sy onderneming, Abante Capital-groep, behoorlik boekgehou nie.

In die meeste gevalle het hy nie skriftelike ooreenkomste gesluit nie.

In twee gevalle het hy sommer R30 miljoen beleggersgeld uitgeleen met mondelinge ooreenkomste.

Groot bedrae wat hy van beleggers ontvang het, is nooit in ’n bankrekening gedeponeer nie. Net ’n breukdeel van beleggers se geld is deur batebestuurders belê en bestuur.

Herman het wel spogeiendom en -besittings aangeskaf – volgens ’n e-pos wat hy kort voor sy dood geskryf het, was dit in daardie stadium R126 miljoen werd.

Dit het ingesluit:

* ’n Aston Martin DBS ter waarde van R2,5 miljoen (ná Herman se dood vir R1,7 miljoen verkoop);
* ’n Vakansiehuis in Voëlklip, Hermanus (in April 2013 vir R16,5 miljoen opgeveil);
* ’n Kantoorkompleks in die Tygerwaterfront (intussen opgeveil);
* ’n Marmer-paleis in Welgemoed wat in Susan-Ann se naam geregistreer was en Vrydag opgeveil is vir R12,8 miljoen (selfs die motorhuis van dié spoghuis het marmerteëls);
* Twee eiendomme vir sy seuns in Higgovale en Claremont in Kaapstad (intussen opgeveil);
* ’n Vakansiehuis op Malgas naby Swellendam.

Ringe, sakke

Susan-Ann het Vrydag eers ontken dat sy nog in besit is van ’n ring met ’n diamant van 3,3 karaat. Sy het eers aangevoer dat dit by hul vakansiehuis in Hermanus weggeraak het, maar tydens ondervraging het sy erken sy het dit steeds. Sy moes dit daarna aan die kurators oorhandig.

Vir Susan-Ann se 50ste verjaardag het Herman vir haar ’n armband van R105 000 gegee. Sy moes dit ook aan die kurators oorhandig. Ook haar Tag Heuer-horlosie, asook haar Tod’s- en Louis Vuitton-handsakke.

Maar van ’n diamant van 1,7 karaat ter waarde van R98 900 wat Herman gekoop het of ’n Rolex- en Cartier-horlosie ter waarde van R170 000 weet sy niks.

“Miskien het hy dit vir iemand anders gekoop. Ek weet nie,” het Susan-Ann Vrydag gesê.



Die luukse huis van Herman Pretorius (onder) in van de Graaff-rylaan in Welgemoed. Hy het vermoedelik verlede week sy sake vennoot Julian Williams doodgeskiet en toe selfmoord gepleeg nadat dit aan die lig gekom het dat meer as R1,8 miljard van beleggers se geld verdwyn het.

Foto: Yunus Mohamed.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 548 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 789 votes
Vote
Rand - Dollar
18.90
+0.2%
Rand - Pound
23.85
+0.2%
Rand - Euro
20.39
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.31
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.1%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE