Share

Eugene de Kock: ‘Ek het Japie nié doodgeslaan met ’n graaf nie!’

Hy skryf aan Jacques Pauw:

Om nie u berig in Rapport verlede Sondag, asook die verklaring van genl. Johan van der Merwe, reg te stel nie sal beteken ek aanvaar onomwonde alles wat geskryf is.

Ek sal dus só beoordeel word, die leuen word dus die waarheid!

Ek is nie afgekeur vir taakmagopleiding vanweë my sig nie. Ek is uitgenooi om die eerste taakmag-groep daar te stel en die kursus by te woon.

Ek was reeds ’n lid van die informele groep wat later die taakmag sou word. In 1976 moes ek terselfdertyd gaan vir ’n offisierskursus. Ek het die offisierskursus gekies.

Ek het teen daardie tyd reeds al valskermspronge gedoen, met en sonder ’n bril.

U konsentreer nou al jare lank daarop dat ek ’n hakkelaar was en is.

Ek sal dit bly. U hamer daarop omdat dit so ’n erg gestigmatiseerde, sosiaal-pynlik, skaam, kwellende en teisterende gebrek is.

Dit is goed so. Hou so aan. Maar dit leer wel mense wat soos ek ’n spraakgebrek het eén ding: Ons sien en hoor meer omdat ons nie praat nie of gesprekke vermy. En met ons geheue skort daar niks!

Die naam “Prime Evil” het ek nog nooit gehad nie! Ek was nooit so bekend onder my eie lede of kollegas nie. Ook nie onder die gewapende magte of die publiek nie.

Dis ’n naam wat ú my gegee het. En u het dit klaarblyklik gekry by ’n goeie vriend van u wat toe al ernstige probleme gehad het met sy “crack”-kokaïen-deurweekte brein.

U is reg. Japie Maponya is dood. En hy ís vermoor. Ek het Japie Maponya nie met ’n graaf doodgeslaan nie! Ek het die familie by die hof gesien ten tye van hul getuienis én vir ’n geruime tyd by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) waar dié geval stap vir stap, oomblik vir oomblik, uitgepluis is.

Ek het begrip daarvoor dat die Maponya-familie nie tevrede gaan wees of ooit sál wees nie. Geen familie kan ooit weer vrede of gemoedsrus hê ná so ’n voorval nie.

Japie Maponya is deur sers. Willem Albertus Nortjé doodgeskiet. Hy het ’n 9 mm-Parabellum-Berreta-pistool styf teen sy linkerslaap gedruk en die sneller getrek. Die koeël én die aandryfmiddel se gasse (verbrande en onverbrande kruit), het deur sy brein getrek. Kant tot kant.

Dít, mnr. Pauw, is die feite. U het hierdie feite tot u beskikking gehad. U het die hofverhoor bygewoon en ook die WVK. U het ook, volgens my inligting, al my lêers [oorspronklikes] én die oorspronklike hofdossiere ontvang.

Sers. Nortjé se beloning vir hierdie moorddaad was sy bevordering tot direkteur (gelykstaande aan die rang van brigadier) in die nasionale intelligensiediens van die huidige regeringsbestel.

Die Maponyas het niks!

Met salaris, subsidies en byvoordele word dir. Nortjé met ongeveer een miljoen rand per jaar vergoed.

Dit gaan goed met die Nortjés!

Nortjé en sy kollega, ******** was in Jozini, Noord-Natal, werksaam. Ek het hulle soontoe gestuur sodat ons kon begin voorberei vir plattelandse oorlogvoering, in besonder berg-oorlogvoering.

Ek self het teen die Botswana-grens begin werk. Met dáárdie ontplooiing was daar ’n geheul tussen kapt. *** **van seksie C.2 Hoofkantoor, verantwoordelik vir die identifisering, ondervraging en werwing van terroriste, en kapt. ******van Krugersdorp se veiligheidspolisie. 

Sonder my medewete of toestemming het kapt. *****my werkspan van Jozini na Krugersdorp herontplooi. Ek word nie ingelig nie.

Kapt. ***** was soms voorsitter van Trewits, die Teen-revolusionêre Inligting-teikensentrum. Dít het bestaan uit lede van die veiligheidspolisie, asook militêre en nasionale intelligensie.

Dit was die eerste van drie vlakke waar besluit is wie word doodgeskiet, ontvoer of wie bly leef. En selde, indien ooit, is hierdie komitee se aanbevelings afgekeur.

Die volgende twee vlakke was die KIK (Koördinerende Inligtingskomitee) en dan die staatsveiligheidsraad. Ná goedkeuring van so ’n optrede of operasie, word besluit aan watter groep of eenheid die taak opgedra sal word. Kapt. ***** word goed beloon vir sy dienste en word as ’n generaal aangestel in die nuwe bestel. Sy voordele oortref dié van ******.

Dit gaan goed met die ******!

Seksie C.1, waarvan ek bevelvoerder was, was gemoeid met teen-terrorisme; die skerp, onaangename, vuil en gevaarlike kant van operasies en was ook getaak met oorgrens-operasies.

Dié groepe het onder bevel gewerk van die bevelvoerder van die veiligheidstak van enige streek en slegs dié se take uitgevoer. Die enkele blankes by elke swart groep het as skakel-personeel opgetree tussen die veiligheidstaklede en die streeksbevelvoerder.

Hulle het hul opdragte van die streeks­bevel­voerder gekry of offisier wat deur hom aangewys is, en slegs leiding geneem in gevegte tussen terroriste en die veiligheidspolisie.

Dit gaan goed met die *****!


Dit was vir doodsekerte

De Kock het in Julie 1999 tydens sy amnestie-aansoek voor die WVK getuig dat hy Japie Maponya twee keer met ’n graaf oor die kop geslaan het nadat Willie Nortjé hom geskiet het. “Dit was standaardpraktyk om seker te maak mense was dood nadat hulle geskiet is,” het De Kock gesê.

Volgens Jacques Pauw het die veroordeelde polisie-moordenaar Ferdi Barnard die naam “Prime Evil” aan De Kock gegee. “Barnard het self daarvan vertel in die dokumentêr Prime Evil wat ek in 1996 gemaak het,” sê Pauw.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 556 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 798 votes
Vote
Rand - Dollar
18.87
+0.3%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.38
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.32
+0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE