Share

Frans: Los die ego’s en strydbyle, sê oud-Bokke

Die Springbokke het Frans Steyn nodig om volgende jaar die Wêreldbeker omhoog te hou.

Skuif ego’s dus op die agtergrond en begrawe die strydbyl.

Dit is die pleidooi van voormalige Springbok-afrigters, ’n oudsameroeper van die nasionale keurkomitee en ’n gewese Bok-binnesenter.

Steyn (27) het Dinsdag skokgolwe deur die rugbywêreld gestuur toe hy weens ’n geskil met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om hom nie vir Bok-toetse beskikbaar te stel nie.

Die probleme het reeds drie weke gelede vóór die Bokke se oefenkamp in Durban bekend geword.

Steyn was so ongelukkig dat hy tydens die oefenkamp glo in sy motor geklim en weggery het.

Die hele geskil draai om die betaling van sy handelsmerk-regte aan ’n derde party in Frankryk.

Saru het ’n belofte hieroor aan Steyn gemaak voordat hy besluit het om van die Franse klubspan Racing Metro na die Haaie terug te keer.

Steyn het verlede jaar in die halfeind- en eindstryd van die Curriebeker-reeks gewys hy is ’n wedstrydwenner, sê Rudolf ­Straeuli, oud-Bok-afrigter en deesdae uitvoerende hoof van die Leeus.

“Hy het ’n Wêreldbeker-toernooi help wen en is beslis onmisbaar,” sê Straeuli.

“As dinge reg bestuur word, kan Frans beslis in 2015 vir ons in die Wêreldbeker-toernooi speel.”

Nog ’n gewese Bok-breier, ­Peter de Villiers, sê as Saru die vertrouensverhouding verbreek het, weet ’n mens nie of Frans weer vir hulle sal wil speel nie.

“Ons administrateurs moet die sport dien, maar tans is dit asof jy aan hulle moet gehoor gee, anders is jy weg,” sê De Villiers.

“Frans is ’n uitsonderlike talent. Hy is groot, sterk, vinnig en het hope balvaardighede.”

Die gewese Bok-senter Pieter Müller het geen twyfel dat Steyn volgende jaar in die Wêreldbeker móét speel nie.

“Hy het die wow-faktor. Hy is in verskeie posisies die beste in die Bok-span. Kom ons hoop hy, sy agent en Saru kry dinge opgelos.”

Ook Wynand Claassen, lank sameroeper van die nasionale keurkomitee en voormalige Bok-kaptein, sê Steyn is ’n móét vir die Wêreldbeker-toernooi.

“Hy is ’n gehalte-speler sonder wie ons nie kan klaarkom nie. Die ding met Saru lyk na ’n misverstand en dit móét opgelos word, want Frans is ’n wedstrydwenner.”

Steyn sal hom ná sy Super-verpligtinge by die Haaie by die Japanse klubspan Toshiba Brave Lupus aansluit.

Hy keer volgende jaar terug om weer Super-rugby vir die Haaie te speel.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 529 votes
No! It's time to move on ...
34% - 276 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
-0.1%
Rand - Pound
23.80
-0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
931.00
+0.6%
Palladium
995.00
+0.5%
Gold
2,335.03
+0.1%
Silver
27.52
+0.3%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE