Share

Geboei, afgedank al is hy onskuldig

Meer as ’n maand nadat ’n polisiespeurder van Knysna vrygespreek is op aanklagte van diefstal, sit hy steeds sonder werk terwyl sy kollegas wat hom valslik beskuldig het, met hul lewe voortgaan “asof niks gebeur het nie”.

Die 54-jarige Johann Burmeister, ’n adjudant-offisier met meer as 32 jaar diens, is in Februarie by die Knysna-polisiekantoor deur sy kollegas in hegtenis geneem.

Die klag: Dat hy ’n skootrekenaar, ’n bewysstuk in ’n diefstalsaak, uit ’n polisiestoor gesteel het.

Burmeister, wat beskryf word as een van die Suid-Kaap se beste speurders, was onder meer verantwoordelik vir die inhegtenisneming van die fotograaf Alix Carmichele se aanrander, ­Francois Coetzee, in 1996.

’n Facebook-groep vir mense wat in sy onskuld glo, “Stand by Burmie”, het gou meer as 400 ondersteuners gehad.

Ná sy inhegtenisneming is Burmeister geboei en na die polisiekantoor op Plettenbergbaai geneem waar hy nie toegelaat is om ’n telefoonoproep te maak nie en die Knysna-stasiebevelvoerder aanvanklik aangedring het dat borgtog teengestaan word.

Sy vrou, Denise (46), moes by een van haar man se kollegas hoor haar man is in hegtenis geneem.

Burmeister is daarna intern aangekla en op grond van die getuienis van onder andere sers. Carmen Coetzee, die beampte wat die register bygehou het van items in die bewysstoor, is hy in April afgedank.

Hy is daarna ook strafregtelik aangekla, maar op 24 Julie is hy deur landdros Derick ­Torlage van George vrygespreek. Torlage het in sy uitspraak gesê vyf staatsgetuies – sers. Coetzee, sers. Maurice Grootboom, ao. Christopher Appels, maj. Xolile Gogwana en ao. Abraham Coetzer – het almal onder kruisondervraging erken hulle het in hul aanvanklike verklarings gelieg oor wat werklik gebeur het.

Luidens berigte het selfs die staatsaanklaer, T. Thibedi, teen die einde van die saak erken enige redelike hof sal Burmeister vryspreek.

Die hof het onder meer gehoor dat dit die tweede keer binne ’n paar jaar was dat goedere uit die bewysstoor verdwyn het terwyl Coetzee aan diens was.

In die geval van die skootrekenaar is getuig dat Burmeister die rekenaar in November uit die stoor geneem het om dit na ’n rekenaarkenner te neem om vas te stel wie die regmatige ­eienaar is.

Hy het dit daarna na die stoor teruggeneem en dit aan Coetzee oorhandig om “in te boek”.

Luidens hofstukke het Coetzee, nadat die diefstal van die rekenaar aan die lig gekom het, by haar bevelvoerder, kol. ­Jeffrey Mathewane, aangedring dat Burmeister vervolg word – dit ondanks die feit dat sy self in die register aangeteken het dat hy die rekenaar teruggebring het en dat sy dit in ontvangs geneem het.

Burmeister het vandeesweek gesê die polisie is sy lewe.

Hy het appèl aangeteken teen sy afdanking en wag nou al maande dat die appèl aangehoor word.

“Hulle sit nog steeds in hul werk. Ek het niks. Ek het my salaris verloor, ons huishuur is agter.”

Kapt. Bernadine Steyn, ’n polisiewoordvoerder in die Suid-Kaap, sê die polisie wil eers die landdros se uitspraak bestudeer voordat enige stappe teen die polisielede oorweeg word.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 395 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 555 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.2%
Rand - Pound
23.91
-0.1%
Rand - Euro
20.43
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.34
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.2%
Platinum
910.50
+1.5%
Palladium
1,011.50
+1.0%
Gold
2,221.35
+1.2%
Silver
24.87
+0.9%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,346
+1.0%
All Share
74,536
+0.8%
Resource 10
57,251
+2.8%
Industrial 25
103,936
+0.6%
Financial 15
16,502
-0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE