Share

Gebreekte rib hou hom nie uit Bergrivier-kano

Nie eens ’n gebreekte rib wat hy twee weke gelede opgedoen het, kon die 64-jarige Giel van Deventer keer om die moordende Bergrivier-kanomarathon Saterdag ’n rekord- 45ste keer te voltooi nie.

Dié rateltaai protea-boer van Du Toitskloof naby die Paarl het die rib tien dae voor die wedvaart gebreek.

Hy was besig om met sy ­kano te oefen toe ’n stomp hom in die ribbes getref het.

“Die rib was met die tweede skof in die koue, reën en wind so ’n bietjie seer, maar andersins het hy nie te veel gepla nie,” het Van Deventer gistermiddag in Velddrif aan die Weskus aan Rapport gesê.

Die wedvaart van 240 km, wat vanjaar die 53ste keer sedert 1962 aangebied is, word oor vier skofte van die Paarl tot by Velddrif gehou.

Van Deventer het in 1969 die eerste keer deelgeneem en het sedertdien elke jaar deelgeneem.

Hy sê die 1971-wedvaart was die moeilikste.

“Daai jaar het ’n erge storm ons op die tweede skof getref en meer as die helfte van die deelnemers het hulle toe ­onttrek,” het Van Deventer gesê.

Daar was vanjaar sowat 200 deelnemers.

Op sy beurt het die 74-jarige Jannie Malherbe gister die oudste deelnemer nóg geword wat Die Berg, soos dit bekend is, voltooi het.

Hy en die 71-jarige Bergrivier-veteraan Willem van Riet, wat ook deelgeneem het, was in 1962 met die eerste wedvaart ook onder die deelnemers.

Boonop het die 62-jarige ­Lee McGregor, pa van die Berg­rivier-koning, die negemalige kampioen Hank McGregor, gister die oudste deelnemer nóg geword wat onder die voorste tien deelnemers geëindig het.

McGregor het ook vandeesweek, terwyl die eerste skof aan die gang was, oupa geword toe Hank en Pippa McGregor se kind, Thorsten, in Durban gebore is.

Hy het nadat hy gister uit die water geklim het, gesê: “Nooit, nooit, nooit weer nie. Dis verskriklik ver.”

McGregor het dié keer kom deelneem “om seker te maak daar is ’n McGregor onder die top-10”.

Volgende jaar is Hank McGregor terug om ’n moontlike tiende Bergrivier-titel te wen.

Oupa Lee sê hy sal dan by die huis bly om sy kleinkind op te pas.


Giel van Deventer (64) het aan sy 45ste Bergrivier-kanomarathon deelgeneem. | FOTO : SAREL VAN DER WALT

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
65% - 405 votes
No! It's time to move on ...
35% - 220 votes
Vote
Rand - Dollar
19.04
+0.9%
Rand - Pound
23.78
+0.7%
Rand - Euro
20.41
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
919.70
+0.8%
Palladium
981.50
-2.3%
Gold
2,331.90
+0.7%
Silver
27.34
+0.6%
Brent-ruolie
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE