Share

Geliefde steel haar erfgeld

Sy het nie ’n sent oor van haar oorlede man se erfgeld nie omdat sy ’n Facebook-vriend “jammer gekry het”.

Christine van Rensburg (47) van Klerksdorp se huis – die mooiste een in Couzynstraat – en die Chevrolet-motor in haar motorhuis is afbetaal, maar deesdae sorg die kerk vir haar.

Sy het gesê sy is nagenoeg R800 000 armer nadat sy ’n jaar gelede ’n boodskap op haar Facebook-blad van ene Richard Bezuidenhout beantwoord het.

“Ek weet nie hoe het hy my Facebook-vriend geword nie. Alles was nuut vir my,” het sy gesê.

Richard het haar uit die staanspoor oorlaai met komplimente en gedigte aan haar gestuur.

“Hy het my vertel hy is in Suid-Afrika gebore en het later na Amerika verhuis. Ook dat hy ’n dogtertjie het wie se ma met haar geboorte dood is.”

Richard het later sy liefde aan Christine verklaar. Hulle het mekaar begin bel, maar Richard het gereeld van verskillende nommers gebel. Hulle het ook op WhatsApp boodskappe gestuur.

Begin vanjaar het Richard glo besluit om Suid-Afrika vir sy dogter te kom wys. “Hy het my in trane van die Kaapstadse Internasionale Lughawe gebel en gesê hy het R55 000 nodig om ’n boete te betaal omdat hy glo te veel kontant (in dollar) saamgebring het. Beamptes by die lughawe wou hom glo in hegtenis neem.”

Christine het gedink dit is baie geld, maar die geld in ’n vriend se bankrekening betaal omdat ­Richard nie ’n Suid-Afrikaanse rekening gehad het nie.

“Hy het my belowe hy gaan my binne 24 uur terugbetaal.”

Christine het ’n week lank niks van Richard gehoor nie. Sy is polisie toe. “Hulle het gesê hulle kan my nie help nie omdat ek die geld vrywillig oorbetaal het.”

Richard het weer gebel en nóg geld gevra. “Hy het vir my gesê die beamptes wil hom steeds nie laat gaan nie.” Hy het gesê hy sal haar nie besteel nie en dat hy met haar wil trou.

Volgens Christine het sy nie weer geld oorbetaal nie. Toe sy later die lughawe bel, het hulle niks van hom geweet nie. Sy het hom gekonfronteer en vir ’n skelm uitgekryt. Hy het nog nie weer met haar gepraat nie.

Volgens Christine het Richard sonder haar medewete toegang tot haar rekeninge gekry en groot bedrae geld gesteel. Volgens haar bank is die geld oorgeplaas na die rekening van “Richard” se “vriend” waar sy destyds die R55 000 inbetaal het.


Dié is glo Richard Bezuidenhout.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 419 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 884 votes
Vote
Rand - Dollar
19.07
+0.5%
Rand - Pound
23.60
+1.0%
Rand - Euro
20.32
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.24
+0.5%
Rand - Yen
0.12
+0.4%
Platinum
943.20
-0.8%
Palladium
1,035.50
+0.6%
Gold
2,388.72
+0.4%
Silver
28.63
+1.4%
Brent Crude
87.11
-0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE