Share

Gr. 1’tjie kry ’n handtekening, want sy aanhangers het daarvoor gevra!

’n Gr. 1-leerling van Pretoria moes met ’n sonbril in die openbaar rondloop omdat hy nou wêreldberoemd is.

En dít oor sy wetenskap-taak.

Nee, Ruben Venter (6) het nie die sonbril gedra om vir sy aanhangers weg te kruip nie.

“Die mense vra my vir my handtekening en ek het nog nie een gehad nie,” sê hy.

Hy het intussen ’n handtekening gekry.

“RV,” skryf hy stadig en versigtig. Nou kan hy die sonbril in die kas bêre, want hy hou van die roem. “Dit is lekker om ­famous te wees.”

Ruben, van die Laerskool Queenswood, het die wêreld aan die gons nadat sy wetenskaptaak Facebook soos ’n tornado getref het.

Ruben se ma, Drika, het ’n foto van hom met ’n A4-papier op Facebook gesit wat lui: “My gr. 1-wetenskapprojek: sosiale media. Hoe ver sal my foto in ses dae reis? Lewer asseblief kommentaar met die plek waar jy my sien. Baie dankie. Ruben Venter. Pretoria, RSA.”

Die foto is op 13 Julie gepubliseer.

Die resultate: Binne 24 uur is die foto meer as 3 000 keer gedeel. Ná twee dae het dit tot 15 031 gespring. Op dag ses het 293 539 mense in elke uithoek van die wêreld – Amerika, Au­stralië, Engeland, die Filippyne en selfs Bangladesj – Ruben se foto op hul Facebook-blaaie met hul eie vriende gedeel.

Teen gister het die totaal op meer as 350 000 keer gestaan.

“Ons kon dit nie glo nie,” het Drika gesê. Die foto het selfs die ronde gedoen op Weibo, ’n Chinese sosiale netwerk.

Ruben sê sy ma het die projek by ’n ander “maatjie in Amerika” gesien. Drika sê sy wou hê haar seun moes ’n “uit die boks uit”-taak hê.

“Ek het ’n ander seun van Amerika, Brandon Fort (10), se foto op Facebook gesien wat dieselfde gedoen het.” Maar Brandon se foto is tot dusver net 69 208 keer gedeel.

“Die projek het getoets hoe ver ’n boodskap in die kuberruim kan beweeg,” het Drika gesê. Ruben sien die doel van sy projek ’n bietjie anders: “Dit wys hoe gevaarlik Facebook is.”

Hy waarsku sy skoolmaats om nie ander maatjies af te neem wat pas uit die stort geklim het nie, en net ’n handdoek aan het.

“Jy kan tronk toe gaan.”

Drika is ook op die “gevaarlike” Facebook gekritiseer oor die foto, maar sê: “Almal publiseer foto’s van hul kinders op Facebook.”

Ruben het ook nou sy eie Facebook-aanhangersblad, ­Ruben’s Project, wat deur sy ma beheer word. Dit het sowat 3 000 aanhangers. Hy hoop om op sy sewende verjaardag sy eie Facebook-blad te kry.

“Nee, jy is nog te jonk,” keer sy ma.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 143 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 207 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
-0.6%
Rand - Pound
24.01
-0.5%
Rand - Euro
20.53
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.35
-0.0%
Rand - Yen
0.13
-0.6%
Platinum
900.40
+0.4%
Palladium
998.40
-0.3%
Gold
2,210.05
+0.7%
Silver
24.65
+0.0%
Brent Crude
86.09
-0.2%
Top 40
68,079
+0.6%
All Share
74,269
+0.5%
Resource 10
56,875
+2.2%
Industrial 25
103,593
+0.3%
Financial 15
16,463
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE