So sê die akteur Armand Greyling (22), wat die hoofrol in die rolprent Die windpomp losgeslaan het.
“Ek het die hoofrol ingelees terwyl ander akteurs oudisies afgelê het,” sê Greyling.
Hy was toe ’n tweedejaar-student aan die Afda-rolprentskool in Kaapstad en het as ’n produksie-assistent aan die rolprent gewerk.
Kort voor verfilming begin het, het Greyling gehoor hy het die rol van Hendri losgeslaan.
“Ek was opgewonde, maar baie gespanne. Ek het nie eens ’n oudisie gedoen nie.”
Die rolprent kom uit die pen van Etienne Fourie, wat ook Klein Karoo geskryf het.
Die windpomp gaan op die Gold Coast-rolprentfees in Australië te sien wees.
Grethe Fox, Ian Roberts, Marga van Rooy en Leandie du Randt is ook daarin te sien.
“Etienne het my gebel en gesê hy voel ’n bietjie soos ’n Idols judge, maar hy wil net vir my sê ek het die rol gekry.”
Dit is Greyling se eerste rolprentrol en hy besef hy sal nou baie hard moet begin werk.
Die windpomp begin op 25 April hier wys.