Share

Groot tender vir koekies verkrummel

’n Plaaslike koekievervaardiger het sy lippe afgelek toe hy vroeër vanjaar ’n tender “gewen” het om soutbeskuitjies aan ’n filiaal van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te lewer, maar ses maande ná sy “aanstelling” sit hy steeds net met die krummels van dié lonende kontrak.

Simon Mantell, eienaar van die Kaapse bakkery Mantelli’s, is woedend omdat die staatsbeheerde spysenier Air Chefs hom in Februarie vanjaar per brief laat weet het hy het ’n tender gekry om soutbeskuitjies te lewer, maar hom toe later ingelig het die aanstellingsbrief was ’n flater.

Hoewel die tenderadvertensie duidelik uitgestippel het Air Chefs wou bepaalde peuselgoed by plaaslike verskaffers aankoop, hou die maatskappy nou vol Mantelli’s is slegs gekeur vir insluiting by sy paneel van voorkeurverskaffers.

Mantell byt nie aan Air Chefs en die SAL se weergawe van die sage nie en het die openbare beskermer (OB) in Maart versoek om die saak te ondersoek.

“Dit is so duidelik soos daglig dat daar ’n amptelike tender was om spesifieke produkte aan Air Chefs te lewer. Ek is amptelik aangestel om die produk te lewer waarvoor ek getender het, maar nou moet ek tevrede daarmee wees om net in ’n paneel van verskaffers te wees,” sê Mantell.

Hy het ’n afskrif van Mantelli’s se aanstellingsbrief aan Rapport verskaf.

Hy vermoed die maatskappy wie se soutbeskuitjies al meer as 20 jaar lank op die SAL se spyskaart is, het vergeet om ’n tender in te dien of het dit dalk nie betyds gedoen nie.

“Dit kan wees dat dié maatskappy sy fout besef het en dat Air Chefs tog besluit het om hom wederregtelik bo ons te kies,” sê Mantell.

Die SAL het ’n interne én eksterne ondersoek na die tenderprosedures gelas, maar hy weier om die ondersoekverslae met Mantell te deel.

Siyakhula Vilakazi, die SAL se oudithoof, het hom in Junie per brief laat weet die interne ondersoek het gewys die tenderproses was regverdig, deursigtig en mededingend.

Vilakazi het egter geen feitelike bewyse verskaf waarop die SAL dié bevindings gegrond het nie.

Die verslag van Indyebo Consulting, die ouditeursfirma wat deur die SAL aangestel is om ook die tenderproses te bekyk, is ook sedertdien voltooi, maar Mantell kon tot dusver ook nie ’n eksemplaar van dié dokument bekom nie.

Viwe Soga, ’n regsverteenwoordiger van die SAL, het Vrydag gesê Mantell kan nie die ondersoekverslae kry nie omdat dit vertroulike inligting oor Air Chefs se verkrygingsproses bevat.

Dié inligting sal glo aan Mantelli’s ’n onregverdige voordeel in toekomstige tenders gee.

Volgens Soga staan dit Air Chefs vry om ’n paneel van voorkeurverskaffers vir verskillende produkte aan te stel.

Hy meen Mantell het sy aanstellingsbrief verkeerd geïnterpreteer as bevestiging dat Mantelli’s ’n kontrak beklink het om die beskuitjies aan Air Chefs te lewer.

Soga sê Indyebo Consulting se verslag het ook bevind alles was pluis met die tenderproses.

“Ons het hom (Mantell) genooi om die bevindings persoonlik met ons te kom bespreek, maar hy weier,” sê ­Soga.

Mantell sê op sy beurt hy weier om die saak met die SAL te bespreek voordat hy die ouditverslae onder oë gehad het.

Soga wou nie aan Rapport verklap wie nou voorts die soutbeskuitjies aan Air Chefs gaan lewer nie.

“Ek sluk swaar aan hul verduideliking dat die verslae inligting bevat wat my onregverdig sal bevoordeel. Die ondersoeke was dan veronderstel om net die betrokke tenderproses te bekyk,” sê Mantell.

Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, sê die saak word ondersoek.

“Dit is te vroeg om te sê wanneer ons die ondersoek gaan afhandel,” sê Segalwe.

pieter-louis.myburgh@rapport.co.za
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think Minister Blade Nzimande made the right call to dissolve the NSFAS board?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, NSFAS mismanagement is costing students
34% - 449 votes
No, it's suspicious given that he's implicated
66% - 859 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.3%
Rand - Pound
23.65
-0.1%
Rand - Euro
20.21
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.19
+0.2%
Rand - Yen
0.12
-0.0%
Platinum
974.40
-0.2%
Palladium
1,019.50
-0.3%
Gold
2,393.92
+0.4%
Silver
28.32
-1.9%
Brent Crude
90.10
-0.4%
Top 40
66,902
-2.1%
All Share
73,000
-2.0%
Resource 10
61,638
-3.5%
Industrial 25
98,321
-1.8%
Financial 15
15,650
-1.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE