Share

‘Here hou haar vir my lewend’

Soms herken sy “Lady of Grace” hom. Dan lag sy oopmond en wag vir ’n soen. Soms slaan sy toe soos ’n oester. Dan gaan sy terug na ’n wêreld waar daar geen pyn of seer is nie. En geen Lance nie.

Daar is ’n helder oomblik wanneer “Big Daddy” Lance ­James (75) “My Lady of Grace” of “Bus 18” vir haar sing. Elke aand sê hy vir haar nag, soos die afgelope 49 jaar, al slaap sy nie meer langs hom nie.

Alzheimer-siekte is sowat 15 jaar gelede by Val (77), Lance se vrou, gediagnoseer.

Hy sien haar bykans elke dag wanneer hy haar in ’n versorgingsoord in Randburg besoek.

Lance wou nooit daaroor praat nie, maar die afgelope week, met die verskyning van die biografie Keep It Country: The Life and Times of Coun­try Legend Big Daddy, het hy sy hart oopgemaak.

“Ek was altyd ’n baie private mens,” sê Lance in sy huis in Randburg waar hy en Val 35 jaar lank ’n lewe gedeel het.

Hy het Val en hul twee dogters, Dionne en Chanelle, uit die openbare oog gehou.

Lance het sy Val in die lente van 1963 by ’n bushalte in Johannesburg gewaar.

Sy het op bus 18 geklim.

Destyds het hy in ’n orkes in die klub Gizelle gespeel.

“Ons het 21:00 begin en 02:00 opgehou. Ek kon dan eers in die vroeë oggendure vir ’n nooi gaan kuier.”

So wou hy een aand by ’n heel ander nooi gaan kuier. Met ’n bos blomme in die hand het hy om 02:30 aangeklop.

Die noodlot het ingegryp.

Val het die deur oopgemaak.

Toe Lance Brittanje toe wou gaan om aan sy loopbaan te werk, wou Val nie saam nie.

Laat in 1964 was hy ’n toerbusbestuurder toe hy en ’n groep studente in ’n sneeustorm in Frankryk vasval. Dit het hom laat besef hy moet terugkeer. Terug na Val toe.

Twee jaar nadat hy haar daardie eerste keer gesien het, is hulle getroud.

Lance het intussen roem verwerf. Hy het die hoofrol in die fliek Lindie vertolk en sy plate het platinumstatus bereik.

Dit het baie toere beteken. Val het die kinders grootgemaak.

“Daar was baie vroue, maar ek het Val nooit verneuk nie. Ek het nooit ‘countryster-afleiding’ gesoek nie,” sê hy.

So 15 jaar gelede het haar gedrag verander. “Ek het derduisende aan dokters en spesialiste bestee. Ek wou ’n wondermiddel soek om haar te help. Sy het haar spraak verloor. Ek wou haar net nie laat gaan nie.”

Sowat 18 maande gelede het Lance nie meer ’n keuse gehad nie. Hy het haar in ’n versorgingsoord gesit.

“Ek dink die Here hou haar lewend vir my,” sê Lance voordat in hy in sy bus klim, op pad na die volgende vertoning op die platteland waar hy sy liedjie sing: “Goodbye for now and I see you at the bus stop.”

* Keep It Country: The Life and Times of Country Legend Big Daddy deur Bill Jones is beskikbaar by billjonesteam.com en by Lance se vertonings.


Lance en Val op hul troudag in 1965.


Val en Lance in die 1980’s


Lance en sy gesin. Chanelle (links) en Dionne regs. Val het later haar blonde krulle bruin gekleur.


Lance James se biografie het die week verskyn.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
32% - 425 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
68% - 902 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE