Share

Het ander mans Anene aangeval?

Johannes Kana is in die tronk weens die verkragting van en moord op Anene Booysen. Maar daar is nuwe bewyse, berig Jacques Pauw.

Sensasionele nuwe inligting wil dit laat blyk dat Anene Booysen deur meer as een man aangeval is toe sy verlede jaar in Bredasdorp verkrag en vermoor is.

Private speurders wat gehuur is deur die familie van Johannes Kana, die man wat in November skuldig bevind is aan dié moord en verkragting, sê hulle het bewyse dat die polisie belangrike inligting geïgnoreer het in die soektog na Anene se moordenaar en dat daar waarskynlik meer as een was.

Hulle het byvoorbeeld ’n getuie opgespoor wat sê sy het Anene saam met vier ander mans gesien op die bouperseel waar sy in Februarie verlede jaar aangeval en verkrag is.

Dié ooggetuie sê toe sy die polisie vertel wat sy dié aand gesien het, het hulle haar weggejaag en gesê sy is ’n “dronklap”.

Rapport het Kana sedertdien besoek in die Mangaung-maksimumveiligheid-gevangenis in die Vrystaat waar hy twee lewenslange vonnisse weens die verkragting en moord uitdien.

Kana sê nou hy het sy bekentenis onder druk afgelê.

“Ek was deurmekaar en moeg en het nie geweet wat aangaan nie. Ek wou hê die ding moes weggaan.”

Hy erken hy het Anene by ’n sjebien ontmoet en dat hulle na die bouperseel is om seks te hê, maar hou vol hulle is daar oorval deur ses mans. Hy het weggehardloop toe twee hom begin jaag.

Anene het voordat sy in die Tygerberg-hospitaal aan haar beserings beswyk het, gesê sy is deur meer as een persoon aangeval.

Sy het ene “Zwai” as een van haar aanvallers genoem.

Die polisie het aanvanklik die 22-jarige Jonathan “Zwai” Davids saam met Kana in hegtenis geneem, maar Davids is later vrygelaat weens ’n gebrek aan getuienis.

Kana se familie meen ook hy is onskuldig en is deur die berugte 28’s-tronkbende gedwing om die skuld op hom te neem.

Die twee private speurders wat gehuur is om die moord te ondersoek, stem saam dat daar genoeg rede is om die ondersoek te heropen.

Sakkie Buys, ’n oudpolisiespeurder met 30 jaar ervaring wat nou as ’n private speurder vir Questo Forensic Services werk, sê hul ondersoek toon slordige en onvoltooide polisiewerk.

“Johannes Kana kon betrokke gewees het by die verkragting, maar ek glo nie hy was die enigste mens op die toneel daardie nag nie. Daar was ook ander,” sê Buys.

Hy is in sy ondersoek bygestaan deur ’n oudspeurder van die Overberg met 20 jaar ervaring.

Die twee het ’n ooggetuie opgespoor (haar naam is bekend aan Rapport, maar word weerhou omdat sy vir haar lewe vrees) wat vertel sy is óók daardie nag na die bouperseel om seks te hê met ’n man.

Terwyl sy tussen die halfgeboude huise was, het sy gille gehoor en Anene saam met vier mans gesien.

Sy het nog geraas gehoor en toe gesien hoe die mans in ’n wit motor vertrek.

Die private speurders het ook iemand opgespoor wat die volgende oggend gesien het hoe twee mans by die begraafplaas bloed van ’n wit motor afwas.

Toe hy hulle vra wat hulle doen, het hulle beweer dit is visbloed.

Nóg twee getuies het die dag ná die moord ’n ryloper opgelaai wat ’n krapmerk op sy gesig en ’n bondel klere onder sy arm gehad het.

Dié man – wie se naam ook aan Rapport bekend is – het na ’n sak gesoek om van die klere ontslae te raak.

Verder het dit aan die lig gekom talle belangrike bewysstukke wat op die toneel gekry is – onder meer bebloede klippe en twee stokke met draad aan – is nooit by die hof ingedien nie.

Sers. Jerome Timmy, ’n polisie-hondehanteerder wat spesialiseer in die opspoor van bloed en semen op misdaadtonele, het die klippe en stokke gekry ’n entjie van waar die verkragting plaasgevind het.

Laag op een van die huise se mure het dit ook gelyk of iemand die letter Z op die muur probeer skryf het. (Onthou, Anene het haar aanvaller as “Zwai” geïdentifiseer.)

As die klippe en stokke Anene se bloed het soos die private speurders vermoed, kan Kana se bekentenis nie heeltemal waar wees nie omdat dit op ’n ander plek gevind is as waar hy uitwysings aan die polisie gedoen het.

Pieter du Toit, die prokureur wat destyds Kana se verdediging waargeneem het, sê hy is ingeperk deur die feit dat Kana ’n bekentenis afgelê het.

Die Kana-familie het Du Toit net R4 000 betaal om Kana in die hooggeregshof te verteenwoordig en nog R2 000 vir die appèlaansoek. Kana het geen advokaat gehad nie.

Beskuldiges het amper altyd ’n advokaat wat hulle in hooggeregshofsake verteenwoordig, maar Du Toit sê ’n advokaat was nie nodig nie omdat hy al “honderde” moordsake hanteer het.

Kana het aan Rapport gesê hy het nie geweet hy is geregtig op ’n advokaat as hy in die hooggeregshof verhoor word nie of dat hy regshulp kon kry as hy nie een kon bekostig nie.

Buys sê hy twyfel nie daaraan dat hy genoeg getuienis ingesamel het om te bewys meer as een persoon was vir die moord verantwoordelik nie en dat die saak dus heropen kan word.

Hy sê daar was onder meer bloedspatsels op een van die verdagtes (nie Kana nie) se skoene. Hy wonder of dit ooit getoets is.

’n Vrou het ’n ander verdagte se klere in ’n plastieksak aan die polisie gegee. Waar is daardie klere nou?

Die polisie het wel die klere wat Kana daardie aand aangehad het forensies ontleed en daar was geen bloed op nie.

Buys meen die polisie was onder enorme politieke druk om ’n verdagte te kry en toe hulle Kana uiteindelik het, het hulle opgehou soek.

Buys sê sy span het vier ander verdagtes geïdentifiseer, maar het nog geld nodig voor hulle met hul ondersoek kan voortgaan.

Kana het aan Rapport erken hy en Anene het daardie aand saam gedrink. Hulle is toe na die bouperseel “om te gaan vry” en toe Anene seks weier, het hulle ’n woordewisseling gehad. Dit was toe dat die ses mans daar opdaag.

Gevra of die 28’s hom gedwing het om te sê dit is hy, wou Kana nie antwoord nie.

Die polisie het nie op gedetaileerde vrae oor hul ondersoek geantwoord nie.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het bloot gesê die saak is ondersoek en het tot ’n skuldigbevinding gelei.


Bewysstukke soos dié bebloede klippe en stokke met draad is nooit by die hof ingedien nie.


Johannes sr. en Lizzy Kana, Johannes Kana se grootouers. Hulle glo in sy onskuld.



We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do airplane mishaps have any effect on which airline you book your flights with?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, these things happen. I pick based on price
48% - 1024 votes
Yes, my safety matters. I don't take any chances
52% - 1089 votes
Vote
Rand - Dollar
19.21
-0.5%
Rand - Pound
23.95
-0.7%
Rand - Euro
20.56
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.48
-0.7%
Rand - Yen
0.12
-0.2%
Platinum
912.40
-0.8%
Palladium
1,005.00
-2.1%
Gold
2,314.58
-0.3%
Silver
27.17
-0.5%
Brent Crude
88.42
+1.6%
Top 40
68,574
+0.8%
All Share
74,514
+0.7%
Resource 10
60,444
+1.4%
Industrial 25
104,013
+1.2%
Financial 15
15,837
-0.4%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE