“Dit was ’n beeldskone plek en niemand anders was daar nie,” sê Davison oor die laaste paar minute van Burger se lewe.
Die hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad is gekies vir sy uitsig oor die see. Die datum is gekies nadat Burger (43) voorbereidings met sy ma en verloofde getref het. Vroeër het Burger self die voorskrif geskryf vir sy oordosis kalmeerpille en dit by die apteek gaan haal.
“Hy wou net hê ek moes daar wees vir die einde,” sê Davison.
Davison (53) wou nie sê of hy die medikasie toegedien het nie. Burger, ’n kwadrupleeg wat in konstante pyn was, se beweging was immers beperk. Dit is glo ’n saak tussen hom en Burger as vriende.
Davison het vir oulaas gesien hoe sy vriend gaan slaap. Hy het die hotelkamer se deur toegetrek, uitgestap sonder om die hotelpersoneel van die dood te verwittig en gereël dat Burger se familie ingelig word.
Op ’n vraag of hy bereid is om weer in die hof te verskyn ná sy onthulling oor Burger se dood het hy gesê dit is onwaarskynlik.
“Dit gaan nie daarop neerkom nie. Ek’s seker daarvan.”
Burger was van plan om na die Dignitas-kliniek in Switserland te reis om te sterf, het Davison gister aan Rapport vertel. Hy is glo gevra om Burger as vriend na die kliniek te vergesel.
“Om dood te gaan in ’n ander land... Wat kan erger wees?”
Die plan het toe verander sodat Burger in sy eie land kan sterf.
“Hy was ’n baie intelligente dokter en het presies geweet wat hy wou doen. Hy was vasbeslote om dood te gaan, daar’s geen twyfel daaroor nie,” verduidelik dié professor in die biotegnologie-departement van die Universiteit van Wes-Kaapland.
Davison het pas teruggekeer van ’n konferensie van The World Federation of Right to Die Societies waar hy in ’n toespraak bevestig het hy het Burger op 2 November bygestaan in sy versoek om te sterf.
“Hy was in intense, byna konstante pyn en dit was die verskil tussen lewe en dood vir hom,” sê Davison. “Anrich was bereid om as ’n kwadrupleeg te leef, maar nie om in pyn ook te wees nie. As dokter het hy al die moontlikhede nagevors.”
Volgens Davison het Burger hom gekontak nadat hy te hore gekom het van die organisasie Dignity SA, wat hom daarvoor beywer dat sterwende mense met waardigheid kan doodgaan. Dit het gekom nadat Davison in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem is omdat hy sy ma (85) gehelp het om te sterf.
Hy het in 2012 na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy vyf maande straf opgelê is vir sy betrokkenheid by die dood van sy ma, wat aan terminale kanker gely het.
Sedertdien kry hy gereeld versoeke van Suid-Afrikaners vir raad en het hy van verskeie gevalle gehoor waar pasiënte dieselfde bystand ontvang het. Hy was ook verbaas oor die hoeveelheid steun onder Afrikaanse gemeenskappe vir dié kwessie. “Baie is ten gunste daarvan om sterwendes só by te staan en talle kerke het my al genooi om daaroor te praat.”
Dignity SA gaan in die volgende jare konsepwetgewing by die parlement indien om dié uitweg vir sterwende pasiënte wettig te maak.
“Dit gaan nie daarop neerkom nie. Ek’s seker daarvan.”
Burger was van plan om na die Dignitas-kliniek in Switserland te reis om te sterf, het Davison gister aan Rapport vertel.
“Ons het gereeld rugby en krieket gekyk en skaak gespeel. Eers later het hy sy besluit met my bespreek.”
Hy is glo gevra om Burger as vriend na die kliniek te vergesel.
“Om dood te gaan in ’n ander land, wat kan erger wees?”
Die plan het toe verander sodat Burger in sy eie land kan sterf, “omring met die plek waarvoor hy lief is”.
“Hy was ’n baie intelligente dokter en het presies geweet wat hy wou doen.”
“Hy was vasbeslote om dood te gaan, daar’s geen twyfel daaroor nie,” verduidelik die professor in die departement biotegnologie aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Davison het pas terug gekeer van ’n konferensie van die World Federation of Right to Die Societies waar hy in ’n toespraak bevestig het dat hy Burger op 2 November bygestaan het in sy versoek om dood te gaan.
“Hy was in intense, byna konstante pyn en dit was die verskil tussen lewe en dood vir hom,” het Davison verduidelik. Davison en Burger het verlede jaar goeie vriende geword voordat Davison gevra is om hom by te staan.
“Anrich was bereid om as ’n kwadrupleeg te lewe, maar nie om in pyn ook te wees nie. As ’n dokter het hy al die moontlikhede nagevors.”
Volgens Davison het Burger hom gekontak nadat hy bekend geword het met die organisasie Dignity SA, wat daarop aandring dat sterwende mense met waardigheid kan doodgaan.
Dit het gekom ná Davison in 2010 in Nieu-Seeland in hegtenis geneem is omdat hy vir sy ma (85) gehelp het om te sterf.
Hy het in 2012 na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy vyf maande straf opgelê is vir sy betrokkenheid by sy ma, wie aan kanker gely het, se dood.
Sedertdien kry hy gereeld versoeke van Suid-Afrikaners vir raad en het hy van verskeie gevalle gehoor waar pasiënte dieselfde bystand ontvang het. Hy was ook verbaas hoe Afrikaanse gemeenskappe dié kwessie ondersteun.
“Baie is ten gunste daarvan om sterwendes só by te staan en talle kerke het my al genooi om daaroor te praat.”
Dignity SA gaan in die volgende jare konsepwetgewing by die parlement indien om dié uitweg vir sterwende pasiënte wettig te maak. Dit is algemene kennis dat dokters uit medelye hul pasiënte “help” en dit behoort nie onwettig te wees nie, volgens Davison.
* Lees ook hier.