Share

Hoop vir Amanda ná skok oor haar gehoor

Amanda Strydom se grootste vrees het ­byna waar geword: Dat ’n ernstige oorinfeksie haar doof sou laat.

Vir Miss Mandy, soos haar aanhangers haar noem, sou dit soos ’n doodvonnis wees, want sy léwe daarvoor om musiek te hoor en te maak.

Strydom (58) het vroeër die week groot geskrik toe sy hoor sy word geleidelik dower.

“Sonder my gehoor sal ek nie kan sing nie en sonder my musiek sal ek nie kan leef nie,” sê sy.

’n Breinskandering het gewys sy het ’n ernstige oorinfeksie wat haar ore beskadig het en sy sal gehoorapparate moet dra wat sy môre moet gaan kies.

Strydom sê sy was verlede Donderdag by ’n oor-, neus- en keelspesialis nadat sy besef het iets skort.

“Ek het lank gesukkel om te hoor en my man, Tony, het my oorreed om na ’n dokter te gaan. Hy het toetse gedoen en die oudioloog het meer gevorderde toetse gedoen. Toe die resultate: Ek word stadigaan dower.”

Strydom sê haar dokter het toe daarop aangedring dat sy vir ’n breinskandering gaan, want daar was ’n vernouing tussen haar breinstam en koglea.

Die koglea is deel van die ­binne-oor.

“Ek het afgelope Woensdag vir die breinskandering gegaan. Ek haat die tonnel en ek het ’n Valium-inspuiting gekry en met Abba se treffers wat in my ore blêr, het ek die tonnel ook oorleef!”

Die skandering het gewys die vernouing in haar binne-oor is veroorsaak deur ’n gevaarlike ­virale infeksie tussen die breinstam en die koglea.

“Ek het dit moontlik al jare – dit is waarom my ore somtyds net toegeslaan het en ek my balans heeltemal verloor het.

“Ek het dikwels ook vir my klankingenieurs gevra om my stem in die monitors harder te maak, want ek kon nie my eie stem hoor nie. As my ore in die middel van ’n vertoning oopgaan, het ek besef hoe hard hulle die klank moes stel.”

Sy is dankbaar die toestand kan behandel word.

“Ek is weer op kortisoon-behandeling en drink ’n stapel medikasie. Dit laat my soos ’n ballon opblaas, maar wat moet ek doen?”

Oor die jare kon Strydom se blootstelling aan harde musiek ook skade veroorsaak het, maar minstens is die prognose nie wat sy aanvanklik gevrees het nie: Dat sy stokdoof sou word.

“Solank as wat ek kan hoor, kan ek sing. Solank as wat ek kan sing, is ek gelukkig,” sê sy.

Strydom is bekend om onder meer haar kabarette en liedjies soos “Ek loop die pad” en “Strydom/Amandla”.

Prof. André Claassens, voormalige departementshoof van die mediese fakulteit van die Universiteit van die Vrystaat, sê oorinfeksies en selfs doofheid kan deur langdurige blootstelling aan harde klanke veroorsaak word. “Tog is daar mediese deurbrake wat doofheid kan genees. Beethoven, byvoorbeeld, sou vandag behandel kon word. Dit is moeilik om presies te bepaal wat die infeksie veroorsaak het wat Amanda onder lede het, maar gehoorapparate sal beslis help.

“Ons doen ook kogleêre inplantings. Doofheid kan vandag baie suksesvol behandel word.”

Die akteur Hennie Smit, bekend om sy karakter ­Bertie in Egoli, sê hy dra al jare lank gehoorapparate en het kore afgerig en steeds gesing.

“Amanda sal natuurlik daarmee kan sing. Baie mense in die vermaakbedryf dra gehoorapparate.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 350 votes
No! It's time to move on ...
36% - 195 votes
Vote
Rand - Dollar
19.06
+0.8%
Rand - Pound
23.76
+0.8%
Rand - Euro
20.37
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.37
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+1.0%
Platinum
909.00
-0.4%
Palladium
987.50
-1.7%
Gold
2,320.48
+0.2%
Silver
27.23
+0.2%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
67,887
-1.0%
All Share
73,849
-0.9%
Resource 10
61,065
+1.0%
Industrial 25
102,019
-1.9%
Financial 15
15,763
-0.5%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE