Share

Hy beloof haar uitstappie, nou gaan sy dalk tronk toe

’n Vrou van Distrik Ses in Kaapstad sê sy is onwetend deur ’n familievriend as dwelmmuil gewerf en kan nou jare se tronkstraf opgelê word as sy as smokkelaar skuldig bevind word.

Die 51-jarige Washiela Abdul, wat saam met haar man, Armien, in ’n woonstel op die perseel van die historiese
Distrik Ses-moskee bly, sê haar “gums is seer gekners” van al die spanning.

Washiela sê haar skoonseun, Mohamed Musa, het haar voorgestel aan ’n Tanzaniese vriend, ene Isai, wat haar vertel het dat ’n mens goedkoop salat-klere (Moslemse gebedsdrag) in Durban kan koop. Isai het aangebied om vir haar ’n vliegtuigkaartjie te koop en saam met haar Durban toe te vlieg vir inkopies.

Verlede Saterdag is hulle toe weg. Sy het net ’n skootrekenaar en ’n handsak by haar gehad omdat die plan was om nog dieselfde dag terug te vlieg.

Isai, daarenteen, het ’n swart rugsakkie en ’n groot, oranje tas by hom gehad.

Omdat dit die eerste keer ooit was dat sy vlieg het hy haar ID-boek geneem om hul instapkaarte te kry en die tas in te boek.
Daarna is hulle na sekuriteit, waar sy haar handsak en Isai sy rugsak deur die x-straalmasjien gesit het.

Sy sê toe die sekuriteitswagte wil weet wat die swart poeier in die sak is, het Isai geantwoord dit is koffie.

Maar toe hulle die sakkie wil oopsny om te kyk, het Isai vir haar gefluister om pad te gee en self laat spaander – so vinnig dat hy nou nog weg is.

“Ek was flabbergasted. Waarom moes ek hardloop? Ek het mos niks verkeerd gedoen nie?” sê Washiela.

Daarna het die polisie Isai se oranje tas (wat hy op haar naam ingeboek het) ook deursoek en nog twee sakkies “koffie” gekry.

Washiela sê die polisie het haar weggeneem en kaal uitgetrek en deursoek.

Sy sê al wat sy weet, is dat sy nie “haar hande op daardie oranje case gelê het nie. Hulle kan maar op die video (kring-televisie) kyk en die fingerprints check.”

Armien, fes op die kop, staan stil eenkant in die halfdonker van hul woonstel.

Hy is baie kwaad, sê hy, en skaam, want al hul familie en vriende “bel die lyne warm oor sy vrou ’n drug trafficker is”.

Hy probeer egter die silwer randjie van dié donker wolk raaksien: “Alhamdulillah (dank Allah), dit kon baie erger gewees het.

“Wat as dit oorsee gebeur het?

“Daar hang hulle jou of gee jou life, al het jy dit steeds nie gedoen nie.”

Washiela sê sy drink bloeddrukpille, maar voel steeds “of ek enige oomblik kan faint”.

Sy moet weer op 31 Oktober in die Bellville-landdroshof verskyn.


We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
67% - 939 votes
No! It's time to move on ...
33% - 457 votes
Vote
Rand - Dollar
18.81
+1.1%
Rand - Pound
23.52
+1.2%
Rand - Euro
20.13
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.29
+0.9%
Rand - Yen
0.12
+2.4%
Platinum
922.60
-0.3%
Palladium
962.00
-2.9%
Gold
2,340.49
+0.4%
Silver
27.32
-0.4%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
69,358
+1.3%
All Share
75,371
+1.4%
Resource 10
62,363
+0.4%
Industrial 25
103,903
+1.3%
Financial 15
16,161
+2.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE