Share

‘Hy is nou vry van pyn en lyding’ – ma

Sy het geweet haar kwadrupleeg-seun wou ’n einde aan alles maak, maar het nie geweet wat die tyd, dag en datum sou wees nie.

Eers toe sy versorger met ’n leë voertuig by ’n familielid se huis in Somerset-Wes aangekom het, het sy vermoed hy het sy plan deurgevoer, vertel Wilma du Pisani van Port Elizabeth oor haar seun, dr. ­Anrich Burger.

Burger (43) het in November gesteunde selfmoord in Kaapstad gepleeg.

Prof. Sean Davison van Dignity SA het die afgelope week by ’n konferensie in Chicago bekend gemaak hy het Burger gehelp om sy eie lewe te neem.

Volgens Du Pisani het haar seun gereeld oor Davison gepraat en was hulle goeie vriende.

Hy het dag ná dag vir haar gesê hy kan nie meer as ’n kwadrupleeg leef nie.

“Ek het deur hel gegaan om my kind so te sien ly. As ek vir hom gaan kuier het, het ek vooraf my hart in die vliegtuig uitgehuil sodat ek nie neerslagtig is wanneer ek hom sien nie. Ek wou hom opbeur.”

Burger was ’n geliefde dokter in die Strand en het sowat sewe jaar lank ’n praktyk daar bedryf saam met sy boesemvriend,
dr. Joseph Huskisson.

Hy is op 34-jarige ouderdom in ’n motorongeluk in Botswana van die nek af verlam terwyl hy en drie vriende met vakansie was. Hul Jeep het ’n sandbank getref en gerol. Die ander insittendes is nie ernstig beseer nie.

As kwadrupleeg kon Burger nie meer praktiseer nie. Hy het as ’n kuberdokter vir Health24 begin werk. Hy moes heeltyds versorg word in sy huis in Somerset-Wes waar hy saam met sy verloofde, Jacqueline Mostert, gewoon het.

Davison en Burger het op 2 November ’n kamer in ’n luukse hotel in die V&A Waterfront in Kaapstad gehuur waar Burger ’n dodelike dosis van die kalmeermiddel fenobarbitaal gedrink het.

“Ek glo hy is vandag vry van sy pyn en lyding. Ons sal altyd na hom verlang.”

Mostert het by navraag gesê sy sukkel geweldig om aan te pas sonder Burger in haar lewe. “Ek stem nie saam met genadedood nie. Ek het nie geweet hy gaan dit doen nie.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
41% - 474 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
59% - 677 votes
Vote
Rand - Dollar
18.94
-0.1%
Rand - Pound
23.92
-0.0%
Rand - Euro
20.42
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.33
+0.1%
Rand - Yen
0.13
-0.0%
Platinum
908.05
+1.2%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE