Share

In Oscar se spelonk

Wat jou eerste tref wanneer jy by The VIP Room instap, soos seker by baie ander nagklubs, is die ou sêding: Bo blink, onder stink.

Dit was hier waar Oscar Pistorius verlede naweek in ’n kroegmoles betrokke geraak het.

Min mense weet die VIP Room het binne-in ook sy eie “VIP Room” waar bekendes mag wegkruip wanneer hulle verkies om nie met die ander meer alledaagse rykes te meng nie.

Dís waar Pistorius hom bevind het toe hy en Jared Mortimer, eienaar van die klere-handelsmerk Affliction, byna handgemeen geraak het.
Was dit drank of was dit senuwees?

Ons weet nie. Die weelderige VIP Room verklap niks wanneer klubgangers die swart geverfde glasvoordeur binnegaan, met die trappies na benede beweeg en hul verlustig in die spoggerige spelonk vol liggies, spieëltjies en mooi meisies nie.

Die klub se eie webwerf is glad nie inkennig oor sy status nie: “Vir ’n aand vol betowering, elegansie en grandiose, trek jou diamant-dansskoene of jou ontwerperspakkie aan en kom dans die nag om in die spoggerigste kuierplek in Johannesburg.

“As spyseniers vir die nouveau riche sal die VIP Room seker maak jy het ’n buitengewone tyd.”

Die gespierde kroegmanne staan in koddige matroospakkies met gevoude arms agter die toonbank vir jou en koekeloer.

Saam met die spierwit hoedjies het hulle nie sommer enige soort matrooshempie aan nie: dit het wit-en-blou strepe soos die torso-vormige Jean Paul Gaultier-reukwaterbottel.

Want dié is immers ’n ontwerperspartytjie.

Daar is wel ’n verskil: Toe Oscar daar was, was die tema nie matrose nie, maar superhelde: die “Superhero Squad”. Daar was ’n platejoggie in ’n Iron Man-masker, meisies in verleidelike Catwoman- en Supergirl-pakkies en self ’n paar dekadente Ninja Turtles, SpongeBobs én ’n Freddy Krueger (die “boogeyman” van die gruwelfliek A Nightmare on Elm Street).

Só partytjie Sandton se nuwe rykes in die peperduur Michel­angelo Towers.

Die VIP Room-voordeur is binne sigafstand van ontwerpers­name soos Gucci en Louis Vuitton se glansryke boetiekwinkels.

Dit is langs Mandela-plein en basies onder dieselfde dak as die Michelangelo-hotel – een van die land se duurstes.

Dit kos R200 per man (meisies kry R50-afslag) om by dié klub in te kom en ’n ronde drankies ruk jou sak behoorlik.

Soos die ingevoerde Grey Goose-wodka, al die pad van Frankryk, wat maak dat selfs die ordentlikste van die nouveau riche teen R45 ’n sopie ’n lastige systappie op die dansvloer ontwikkel. Hoe later, hoe kwater. Twee skraps geklede danseresse in Jean Paul Gaultier-uitrustings maak hul opwagting en manne met hul wodka-kelkies kom soos honger wolwe nader terwyl hulle lomperig probeer ritme vang op die maat van ’n pompende techno-treffer.

Die naaste danseressie swaai haar heupe so verleidelik soos ’n Fashion TV-model, totdat die gevleuelde tatoeëermerk op haar lae rug, ’n properse tramp stamp, haar weggee: Sy dans beslis nie altyd in ’n Gaultier-geselskap nie...

Op die dansvloer loop ’n windmakerige nouveau riche-mannetjie met ’n wodka-kelkie onapologeties, skouer-eerste, in ’n ander een vas. Hulle maak nie eens oogkontak nie, want die beat gaan aan.

’n Uitsmyter konfronteer ’n smerige ou dronklap omdat hy aan die danseressie se boud vat en op die marmerblad in die manstoilet pryk daar dié tyd van die aand al ’n paar verdagte wit poeierkolle.

’n Glinsterpoppie in haar ontwerperspakkie en diamantskoene stap buitentoe, haar piepklein blink handsakkie styf onder haar skouer vasgeknyp.

“Nee wat,” snork sy onvergenoegd vir haar vriendin. “Hulle moet regtig meer moeite maak met hierdie soort jols.”


Die platejoggie laat waai.


Gina Myers was ook by die Superhero-partytjie. Regs: ’n Danseres in die VIP Room vermaak die partytjiegangers.| Foto: Jaco Nel


Jared Mortimer (links) geniet hom gate uit by die partytjie in die VIP Room voordat hy en Oscar ­Pistorius in ’n kroegmoles betrokke geraak het. | Foto: facebook

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Do you think corruption-accused National Assembly Speaker Nosiviwe Mapisa-Nqakula will survive a motion of no confidence against her?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
No, her days are numbered
42% - 516 votes
Yes, the ANC caucus will protect her
58% - 727 votes
Vote
Rand - Dollar
18.89
+0.2%
Rand - Pound
23.84
+0.3%
Rand - Euro
20.36
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.30
+0.3%
Rand - Yen
0.12
+0.2%
Platinum
908.05
0.0%
Palladium
1,014.94
0.0%
Gold
2,232.75
-0.0%
Silver
24.95
-0.1%
Brent Crude
87.00
+1.8%
Top 40
68,346
0.0%
All Share
74,536
0.0%
Resource 10
57,251
0.0%
Industrial 25
103,936
0.0%
Financial 15
16,502
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE