Share

Israel en Palestina gee mekaar skuld vir geweld

Terwyl die dodetal in die Gaza­strook styg, blameer die opponerende leiers mekaar steeds vir die bloedvergieting.

Teen Saterdagmiddag omstreeks 12:00 is daar reeds 318 Palestyne dood. Die meeste is burgerlikes, onder wie kinders. Sover bekend, is nog net twee Israeli’s dood, waarvan een ’n burgerlike is. Sedert 8 Julie is 395 Israelse burgers beseer teenoor sowat 2 000 Palestyne.

Tog het pres. Barack Obama van Amerika eergister vir Israel in die bres getree deur sy “sterk ondersteuning vir Israel se reg om homself te verdedig” te herbevestig.

“Geen nasie moet dit aanvaar dat vuurpyle oor sy grens gevuur word of dat terroriste tonnels na sy gebied bou nie,” het Obama gesê. Hy was “diep besorg oor die risiko van verdere, eskalerende geweld” en het Israel gevra om burgerlike sterftes te “minimaliseer”.

Die Israelse offensief is in weerwraak van vuurpylaanvalle uit die Gazastrook deur Hamas op Israelse teikens.

Nadat ’n vyf uur lange skietstaking eergister beëindig is toe ’n vuurpyl uit Gaza na Israel gevuur is, het Israel vier grondoperasies en 90 lugaanvalle geloods, berig die Verenigde Nasies (VN).

Die Israelse weermag het gister voortgegaan met die grondoperasie waarmee hy Donderdagaand die Gazastrook ingeval het, nadat dié gebied tien dae lank met vuurpyle gepeper is. Volgens die Israelse weermag het hy tot dié stap oorgegaan om tonnels uit te wis wat Hamas-militante wou gebruik om Israel binne te gaan. Maar berigte uit die Gazastrook dui daarop dat woongebiede, hospitale en ook joernaliste se kantore deurgeloop het.

AFP berig ’n man van Gazastad en ’n sesjarige kind van Beit Lahija, in die noorde van Gaza, het gisteroggend in lugaanvalle hier omgekom.

Dié sterftes is aangemeld kort nadat vyf lyke uit ’n huis in Khan Joenis, in die suide van Gaza, verwyder is ná ’n ander Israelse lugaanval.

Sky News het gisteroggend berig verteenwoordigers van Palestina en Israel het mekaar tydens ’n noodvergadering van die VN geblameer vir die voortslepende geweld.

Die VN het intussen aangekondig sy sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, is op pad na die Midde-Ooste om ’n skietstaking te help bewerkstellig.

Verskeie wêreldleiers vra dat ’n skietstaking met Egipte se bemiddeling bereik word. Hamas is egter onwillig, tensy Israel onder meer Hamas-gevangenes vrylaat en toegangsbeperkings uit die Gazastrook ophef.

Volgens die VN skuil minstens 47 000 Palestyne in die Gazastrook by VN-vlugtelingsentrums.

In Suid-Afrika was daar die afgelope week in Kaapstad en Johannesburg groot betogings teen Israel se aanvalle.


’n Palestynse meisie wat uit haar huis ontruim moes word ná ’n Israelse grondoffensief wag saam met ander kinders in ’n klaskamer by ’n skool van die Verenigde Nasies in Rafah in die suidelike deel van die Gazastrook. Israelse magte het Saterdag hul grondoperasies voortgesit terwyl Palestynse militante nog vuurpyle na Israel afgevuur het. Die dodetal ná sowat twee weke se konflik is nou meer as 300. | Foto: REUTERS/Ibraheem Abu Mustafa
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
How often do you go to the cinema to watch new movies?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Often - nothing beats the big screen
2% - 26 votes
Hardly - I prefer streaming online
66% - 731 votes
Sometimes - it depends on the film release
32% - 351 votes
Vote
Rand - Dollar
19.15
-0.7%
Rand - Pound
23.82
-0.6%
Rand - Euro
20.39
-0.5%
Rand - Aus dollar
12.30
-0.5%
Rand - Yen
0.12
-0.6%
Platinum
950.40
-0.3%
Palladium
1,028.50
-0.6%
Gold
2,378.37
+0.7%
Silver
28.25
+0.1%
Brent-ruolie
87.29
-3.1%
Top 40
67,190
+0.4%
All Share
73,271
+0.4%
Resource 10
63,297
-0.1%
Industrial 25
98,419
+0.6%
Financial 15
15,480
+0.6%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE