Share

James Bond? Nee, dié wapendrama is in SA

Dit is ’n toneel so reg uit ’n James Bond-fliek: Op Vrydag 5 September stryk ’n geheimsinnige straler op die Lanseria-lughawe wes van Johannesburg neer. Aan boord: Nigeriërs, een Israeli, en drie tasse met kraaknuut dollarnote daarin – $9,3 miljoen se note, om presies te wees (sowat R100 miljoen).

Die sending: Om wapens te kom koop... 

Nou het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n ondersoek op die hoogste vlak gelas om vas te stel hoe die vurk in die hef steek, want dít het alles regtig gebeur.

Die vliegtuig, ’n Challenger 600 wat sover vasgestel kan word deur Swat Inc. in Abuja, Nigerië, gebruik word, het ’n Nigeriese vlugbemanning aan boord gehad, tesame met twee Nigeriërs en ’n Israeli.

Die kaptein was ene Ojong­bede en die vlug het uit Abuja aangekom.

Volgens Adrian Lackay, woordvoerder van die SAID, het doeanebeamptes lont geruik toe die bagasie van die passasiers net ná 19:00 afgelaai is.

Skandeerders het gewys wat in die tasse is.

Volgens Rapport se bronne het die passasiers gesê hulle tree namens die Nigeriese intelligensiediens op, maar dit kon nie by die Nigeriese owerhede bevestig word nie.

Hulle het ook dokumentasie verskaf wat bevestig het hulle kom wapens in Suid-Afrika koop.

Dit is onduidelik of die Israelse passasier ’n intelligensie-operateur of ’n wapenhandelaar is.

Die nasionale komitee oor die beheer oor konvensionele wapens, (NCACC), wat die invoer en uitvoer van enige wapens en die permitte vir sodanige onderhandelings moet goedkeur, dra egter nie kennis van enige aansoeke vir só ’n transaksie nie.

Die komitee het bevestig hy weet van die voorval, maar het nie verder kommentaar gelewer nie.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, het die voorval bevestig. Die nasionale vervolgingsgesag se eenheid wat misdrywe teen die staat ondersoek, is glo ook betrek, sowel as die land se intelligensiedienste.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê daar is “nog nie” iemand in hegtenis geneem nie.

Komm. Riah Phi­yega het volgens hom opdrag gegee dat die Valke die saak verder ondersoek.

Volgens Lackay word die geld tans deur die Reserwebank bewaar.

Wapentransaksies word gewoonlik nié in kontant beklink nie en ’n ingewikkelde bankoorplasingstelsel is nodig om groot bedrae geld van een land na ’n ander oor te plaas.

Die saak is by die Muldersdrift-polisiekantoor aangemeld en die vliegtuig tydelik geskut voordat dit toegelaat is om Maandagoggend na Abuja terug te keer.

Rapport se ondersoek het gewys die vliegtuig het jare gelede aan die Amerikaanse maatskappy Kimberly-Clark behoort.

Bob Brand, ’n woordvoerder, het bevestig hulle het die straler lank gelede verkoop.

Volgens die Amerikaanse lugvaartowerheid (FAA) se vliegtuig­register is die Challenger met die registrasienommer N808HG verlede jaar in die naam van “Bank of Utah Trustee” in Salt Lake City, Utah, opnuut geregistreer.

Lugvaartbronne beweer soortgelyke “eienaars” is in die verlede al by verskeie omstrede vliegtuigfinansieringstransaksies in Afrika betrek.

Rapport het intussen ook vasgestel die vliegtuig word deur Swat Inc. in Abuja gebruik. Geen besonderhede van so ’n maatskappy kon egter opgespoor word nie.

’n Ander vliegtuig van Swat Inc., ’n Hawker Siddeley 125 wat óók ’n Amerikaanse registrasienommer het (N497AG), het in Augustus ook op die Lanseria-lughawe geland.

Tóé het die vliegtuig met onbekende passasiers aan boord vir twee dae in die land vertoef voordat dit op 13 Augustus weer teruggevlieg het Abuja toe.

Die Nigeriese hoëkommissariaat in Pretoria het vandeesweek nie op skriftelike en telefoniese navrae gereageer nie.

Die Reserwebank se regulasies bepaal dat niemand die land kan binnekom of verlaat met meer as R25 000 in kontant of die buitelandse ekwivalent daarvan nie. Jy kan voorgekeer en versoek word om die kontantbedrag te verklaar en die oorsprong van die geld te verskaf. Jy kan ook gevra word vir ’n toestemmingsbrief van die reserwebank in die land van oorsprong.

As daar ’n vermoede is dat die kontant vir geldwassery bestem is, mag doeanebeamptes daarop beslag lê.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
64% - 420 votes
No! It's time to move on ...
36% - 235 votes
Vote
Rand - Dollar
19.02
+1.0%
Rand - Pound
23.82
+0.6%
Rand - Euro
20.42
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.39
+0.8%
Rand - Yen
0.12
+1.1%
Platinum
922.60
+1.1%
Palladium
986.00
-1.9%
Gold
2,330.23
+0.6%
Silver
27.35
+0.7%
Brent Crude
88.02
-0.5%
Top 40
68,437
-0.2%
All Share
74,329
-0.3%
Resource 10
62,119
+2.8%
Industrial 25
102,531
-1.4%
Financial 15
15,802
-0.2%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE