Share

Kabinet: 19 het nog sakebelange

Negentien lede van pres. Jacob Zuma se kabinet, onder wie Zuma self, het private sakebelange.

Volgens die kommissie vir maatskappye en intellektuele ­eiendom (CIPC) is meer as ’n kwart van Zuma se kabinet van 72 lede direkteure van aktiewe maatskappye.

Luidens CIPC-rekords besit Zuma een aktiewe maatskappy, Michigan Investments, wat in 1992 geregistreer is.

Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, sê egter dié maatskappy is dormant.

Ministers en LP’s het tot 15 Augustus om hul sakebelange aan die parlement te verklaar.

Hennie van Vuuren, navorsingsgenoot aan die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, sê die ministers het hulle moontlik blootgestel aan ’n oortreding van die Wet op die Etiek van Uitvoerende Lede wat betaalde werk betref.

“Dit is onverklaarbaar waarom ministers, waaraan ons enorme verantwoordelikheid toevertrou, nagelaat het om uit hul direkteurskappe te bedank toe die president hulle as kabinetslede aangestel het,” sê hy.

“Glo ons leiers ons is naïef genoeg om nie die belangebotsing te sien nie? Dit laat ons vra: As ’n jaarlikse salaris van tot R2,4 miljoen onvoldoende is, wat is dan genoeg?”

Verreweg die aktiefste sakeman is adj.pres. Cyril Ramaphosa, wat ’n aktiewe lid van twee maatskappye is en minstens 40 direkteurskappe hou.

Sy woordvoerder, Ronnie Mamoepa, het Vrydag gesê Rama­phosa se belange word in ’n “blinde trust” geplaas en hy sal sy belange nie meer aktief bestuur nie. Hy trek steeds geldelik voordeel uit sy sakebelange in Lonmin, Bidvest, Mondi, die MTN-groep, Standard Bank, ­Coca-Cola en McDonald’s.

“Die winste gaan aan die trustbegunstigdes. Dit beteken net hy gaan nie betrokke wees by die dag-tot-dag-funksies nie,” het Mamoepa gesê.

Ander ministers en adjunkministers sê hulle is besig om uit hul direkteurskappe te bedank.

*  Bheki Cele, adjunk­minister van landbou, bosbou en visserye besit twee maatskappye: Ithembelihle Logistics en Tiray Holdings. Cele se woordvoerder, Vuyo Mkhize, ’n direkteur van Tiray, sê Cele was werkloos toe dié maatskappye geregistreer is. Cele se sakevennoot in Ithembelihle is Lawrence Mazibuko, sy vriend en ’n voormalige lyfwag van Zuma.

* Enver Surty, adjunkminister van onderwys, besit vier aktiewe maatskappye: Safari Centre, Casbah Cinema, Zinrus Develop­ers en Hectaris and Hectaris Investments, wat voor 1994 gestig en verkry is. “Dit was altyd deel van my verklaring aan die parlement en kabinetsekretaris.”

Casbah Cinema is die enigste van Surty se maatskappye wat sake met die staat doen. Die gebou verhuur sedert die 1980’s ’n gedeelte van sy perseel aan die Suid-Afrikaanse Poskantoor.

* Pamela Tshwete, adjunk­minister van water en sanitasie, is ’n direkteur van Flashing Star, ’n visserymaatskappy, asook van die Life Healthcare Group. Sy is ook ’n direkteur van Brimstone, ’n beleggingsfirma met aandele in Nedbank, Aon Re Africa, Old Mutual en Tiger Brands.

Haar woordvoerder, Phakamisa Hobongwana, sê agt ander maatskappye wat Tshwete as direkteur aandui, is onaktief.

* Ayanda Dlodlo, adjunk­minister van staatsdiens en administrasie, is ’n aktiewe direkteur van Rosschef Africa, Wired Cloud en Women in Energy.

Sy het die akkuraatheid van die CIPC se register in twyfel getrek en gesê sy het uit baie van haar maatskappye bedank.

* Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het volgens die CIPC belange in die CIE Investment Company.

Sy woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê Masutha is nie ’n aandeelhouer nie, maar ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur.
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Can radio hosts and media personalities be apolitical?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes, impartiality is key for public trust
31% - 481 votes
No, let's be real, we all have inherent biases
69% - 1061 votes
Vote
Rand - Dollar
19.29
-0.7%
Rand - Pound
23.87
-1.1%
Rand - Euro
20.58
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.38
-1.1%
Rand - Yen
0.12
-1.2%
Platinum
943.50
+0.0%
Palladium
1,034.50
-0.1%
Gold
2,391.84
+0.0%
Silver
28.68
+0.0%
Brent Crude
87.29
+0.2%
Top 40
67,314
+0.2%
All Share
73,364
+0.1%
Resource 10
63,285
-0.0%
Industrial 25
98,701
+0.3%
Financial 15
15,499
+0.1%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE