Share

Kampioen slaan hand aan ploeg

’n Ploeg wat per koerier oor die land heen toer, ’n publisiteitspan wat skarrel om verklarings uit te stuur en afrigters wat reg staan om raad te gee...

Dít alles vir die kans om ’n wêreldkampioen te lewer – in ploeg!

Ja, ploeg: Willie Ludik (38), ’n skaapboer van die plaas Middelplaats by Rouxville in die Vrystaat, vertrek binnekort na ­Bordeaux in Frank­ryk om Suid-Afrika vir die eerste keer op die wêreld-ploegkampioenskap te verteenwoordig.

Dit was by ­Nampo-park buite ­Bothaville waar ­Ludik se seldsame talente verlede jaar raakgesien is toe hy stof in die oë van gesoute ploeërs van oor die land heen geploeg het en as Suid-Afrika se ploegkoning aangewys is.

Nooit het dié nederige veeboer gedink hy sou saaiboere kon troef om danksy dié titel op 5 en 6 September vir die wêreld te gaan wys hoe reguit en egalig hy lyne met ’n ploeg kan kafdraf nie.

“Ek het kort voor die kompetisie twee biere gedrink, so dit het my seker rustig gehou,” skerts hy.

Hy bieg hy het nog net so twee of drie keer vir die wêreldkampioenskap, wat vanjaar vir die 61ste keer gehou word, geoefen.

Tog is hy verlede naweek na Vredenburg in die Wes-Kaap waar Roy Fuller, wat Zimbabwe al ’n paar keer op die wêreld-ploegkampioenskap verteenwoordig het, hom met sy ploegtegniek gehelp het. ’n Spesiale ploeg wat aan die wêreldkampioenskap-standaarde voldoen, is ook van Rouxville af per koerier hierheen vervoer sodat hy behoorlik kon ­oefen.

Hy voel gereed vir die uitdaging wat nou in Frank­ryk voorlê, maar is ’n bietjie senuagtig oor die taal wat hy nie verstaan nie.

“Ek is skaars Engels vaardig en sal dus maar op handgebare moet staatmaak.”

Hy het ook geen belangstelling aan die Franse kos, klere en parfuums daai kant nie.

“Ek wil gaan kyk hoe hul trekkers lyk en gaan leer hoe die manier wat hulle grond bewerk van ons verskil.”
We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Voting Booth
Should the Proteas pick Faf du Plessis for the T20 World Cup in West Indies and the United States in June?
Please select an option Oops! Something went wrong, please try again later.
Results
Yes! Faf still has a lot to give ...
66% - 540 votes
No! It's time to move on ...
34% - 282 votes
Vote
Rand - Dollar
19.03
-0.1%
Rand - Pound
23.79
+0.0%
Rand - Euro
20.41
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.42
-0.2%
Rand - Yen
0.12
+0.3%
Platinum
930.40
+0.5%
Palladium
994.00
+0.4%
Gold
2,335.42
+0.1%
Silver
27.56
+0.5%
Brent Crude
89.01
+1.1%
Top 40
68,437
0.0%
All Share
74,329
0.0%
Resource 10
62,119
0.0%
Industrial 25
102,531
0.0%
Financial 15
15,802
0.0%
All JSE data delayed by at least 15 minutes Iress logo
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE